BCom (Regsgeleerdheid)

   Oor die program

Die BCom (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as regspraktisyn te werk nie - jy moet ook eers die LLB-graad verwerf. Die driejarige BCom (Regsgeleerdheid) verskaf egter 'n deeglike agtergrond in die ekonomiese wetenskappe wat jou voorberei vir 'n loopbaan in die sakewêreld of in kommersiële reg en lê ook 'n deeglike basis vir 'n meer gevorderde regstudie. Trouens, beskik 'n mens reeds oor die BCom (Regsgeleerdheid), is jy geregtig op vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy 'n regspraktisyn wil word, kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as student 'n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

   Programinhoud

Die program vir BCom (Regsgeleerdheid) is 'n interfakultêre program. Dit betekend dat jy in elk van die drie studiejare regsmodules by die Fakulteit Regsgeleerdheid neem en nieregsmodules by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Vir die leerplan, kyk ons Jaarboek.

Kyk algemene toelatingsinligting.

   Toelatingsvereistes

  • Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT voor 31 Julie
  • 'n Gemiddelde van minstens 70% vir die NSS- of IEB-skooleindsertifikaat (sonder Lewensoriëntering)
  • Wiskunde 60%
  • Afrikaans of Engels Huistaal 60% OF
    Engels of Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70%