Varsity-eindbeker

Die regstreeks uitgesaaide Varsity-eindbeker op 16 April 2018 was ’n uitstekende geleentheid om die Eeufeeshandelsmerk te bevorder. Elemente van die handelsmerk was duidelik sigbaar in die alumnitent, binne die stadion en op die veld. Die Maties-span het as 2018 se FNB Varsitybeker-kampioene koning gekraai.