Onthou-oomblikke

Daar was talle wonderlike gebeure en vieringe gedurende ons Eeufeesjaar. Hier is ’n vlugtige blik van ’n paar daarvan.

2018-verwelkoming

Die Eeufeesjaar is amptelik ingelei met die verwelkoming van die nuwe eerstejaars op 25 Januarie 2018. Dit was die eerste gebeurtenis waar die Eeufeesverhaal oorgedra is, en ook die eerste geleentheid om die Eeufeeshandelsmerk in die openbaar by die Coetzenburg-stadion bekend te stel. Nadat die Coetzenburg-stadion sy nuwe handelsmerk ontvang het, is ander geboue van …

Lees meer ...

Eeufeeswyn

Die Universiteit Stellenbosch (US) het as deel van sy Eeufees ’n beperkte Pinotage bekendgestel. Slegs 2 200 bottels Eeufees Pinotage – die amptelike Eeufeeswyn – is deur die US se Welgevallen-kelder gebottel. Elke bottel is individueel genommer. Volgens Riaan Wassung, wynmaker by die Welgevallen-kelder, is die wyn van die beste Pinotage-wingerdstokke van Welgevallen gemaak en is dus …

Lees meer ...

100% Stellenbosch

Die eerste spesiale Eeufeesgebeurtenis, die 100% Stellenbosch-produksie, is van 23 tot 25 Februarie 2018 in oorleg met die US Woordfees aangebied. Die produksie is beskryf as “’n hele dorp op een verhoog” en het bestaan uit 100 Stellenbosch-inwoners wat volgens die statistiese profiel van die dorp gekies is. Hierdie inwoners het deur hul interaksie met …

Lees meer ...

Bekendstelling van die Eeufeesboek en Eeufeesuitstalling

Die US het op Donderdag 1 Maart 2018 amptelik sy Eeufeespublikasie, Universiteit Stellenbosch 100: 1918-2018, bekendgestel en die Eeufeesuitstalling by die US Argief op die Stellenbosch-kampus geopen. Klik hier om meer oor hierdie publikasie te wete te kom.

Lees meer ...

Eeufeeskonsert

Die Eeufeestuiskomskonsert het op 2 Maart 2018 as deel van die US Woordfees plaasgevind. Die bywoners het ’n Eeufeesherdenkingsknopie as ’n memento van die aand ontvang. Die sterbelaaide opvoering het kunstenaars soos Laurika Rauch, Coenie de Villiers, Arno Carstens, Valiant Swart, Gloria Bosman, Tim Moloi, Mi Casa, die US Koor en Heavenly Quartez ingesluit.

Lees meer ...

Woordfeesfamiliedag

Die Eeufeespretstap het op 3 Maart 2018 in ’n reflektiewe bui by die Ou Lückhoff Skool in Banghoekweg afgeskop. Dis as die beginpunt gekies om erkenning te gee aan inwoners wat tydens apartheid met geweld uit ‘Die Vlakte’ verwyder is. In Victoriastraat het studente van die Militêre Akademie en die orkes van die RSA Vloot …

Lees meer ...

Eeufeesgaladinee

Die Eeufeesgaladinee is op 23 Maart 2018 gehou. Die keuse van Paul Roos Gimnasium as die ligging vir hierdie geleentheid was ’n erkenning van die 152-jarige verbintenis tussen Paul Roos en die US. Gaste het onder andere die Wes-Kaapse premier, me Helen Zille, die burgemeester van Stellenbosch, Raadslid Gesie van Deventer, rektore van internasionale universiteite, …

Lees meer ...

Varsitybeker – Ikeys teen Maties

Die US het op 5 Maart 2018 munt geslaan uit die geleentheid wat geskep is deur die Varsitybekerwedstryd tussen die US en die Universiteit van Kaapstad (UK) om die 1918-totstandkoming van hierdie twee universiteite te herdenk. Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge het ook bygedra tot die prestige van die geleentheid deur voormalige Matie-Springbokke na die …

Lees meer ...

Varsity-eindbeker

Die regstreeks uitgesaaide Varsity-eindbeker op 16 April 2018 was ’n uitstekende geleentheid om die Eeufeeshandelsmerk te bevorder. Elemente van die handelsmerk was duidelik sigbaar in die alumnitent, binne die stadion en op die veld. Die Maties-span het as 2018 se FNB Varsitybeker-kampioene koning gekraai.

Lees meer ...

100 artefakte

“100 artefakte vir 100 jaar” het op 31 Oktober 2018 by die US Museum geopen. Hierdie uitstalling was daarop gemik om die Universiteit se stories van die afgelope 100 jaar oor te dra. Items wat ten toon gestel is, het ’n Feldmeyer-yster ingesluit wat gebruik is toe die Universiteit nog ’n Departement van Huishoudkunde gehad …

Lees meer ...

Biblioteekgedenkmuur

Die US Biblioteek het op 27 Julie 2018 ’n Eeufeesuitstalling op ’n Gedenkmuur in die biblioteek bekendgestel en op dieselfde dag 95 van hulle huidige en afgetrede personeel by ’n skemerkelkie onthaal. Die uitstalling het ’n geïllustreerde blik op die US se verlede en hede gewerp onder die temas “Biblioteekdienste – toe en nou”, “Studentelewe …

Lees meer ...

Dorp en Toga

As deel van die US se Eeufeesaktiwiteite, het die rektor en visekanselier, in oorleg met die kantoor van die uitvoerende burgemeester van Stellenbosch, vanaf 28 tot 30 November 2018 die Dorp en Toga-konferensie op die kampus aangebied. Die doel van die konferensie was om universiteite wat ’n beduidende deel van hulle stad/dorp uitmaak, bymekaar te …

Lees meer ...

Maties-fietstoer

In ons Eeufeesjaar het ’n span fietsryers van die US, insluitend die rektor en visekanselier prof Wim de Villiers, aan die Kaapstad-fietstoer deelgeneem om fondse vir studentebeurse in te samel. Prof De Villiers en ’n groep Maties het die jaar daarna weer die fietstoer voltooi, hierdie keer ten bate van #Move4Food, ’n veldtog wat aandag …

Lees meer ...

FFD-uitstalling

Die finale Eeufeesuitstalling by die US Museum, “Forward? Forward! Forward…”, het op 5 Desember 2018 geopen. Die uitstalling het daarin geslaag om ’n toekomsgerigte blik te gee en die Universiteit vir sy volgende 100 jaar te posisioneer. Samewerking vir die uitstalling met die Instituut vir Toekomsnavorsing was veral welkom en het gelei tot ’n publikasie …

Lees meer ...

2018 Graduerings

Die Eeufeesvieringe het in Desember 2018 met die gradueringsweek afgesluit. ’n Geleentheid is vir die eerste keer geskep vir die nuwe alumni en hulle familie en vriende om produkte met die instelling se handelsmerk te koop, soos die Universiteit se wyn, Eeufeesboek en klere by ’n opslaanwinkel in ’n tent reg langsaan die Coetzenburg-sentrum. Die …

Lees meer ...