Eeufeespublikasies

Die Universiteit Stellenbosch (US) het in 2018 sy eeufees gevier met ’n ryk geïllustreerde publikasie, Stellenbosch Universiteit 100: 1918-2018.

In die eerste afdeling van hierdie boek, “Perspektiewe op 100 jaar”, spoor sewe skrywers hierdie geskiedenis vanaf die Universiteit se ontstaan deur verskeie uitdagings na, insluitend politieke en finansiële uitdagings, tot wat dit beteken om ’n Matie op die gebied van akademie, sport en studentelewe te wees.

In die tweede afdeling gee die skrywers ons ’n vlugtige blik van die akademiese aktiwiteite oor ’n eeu, soos gesien deur die oë van die tien fakulteite. Op hierdie bladsye wat deur verskillende lede van die Universiteit se akademiese gemeenskap geskryf is, kan jy die pad volg van ’n universiteit wat ontwikkel het uit ’n handjie vol mense wat aan die voet van die Stellenboschberg gegroei het na ’n lewendige en kosmopolitaanse gemeenskap van meer as 30 000 studente en 3 000 personeellede wat oor die vyf kampusse van hierdie akademiese instelling van wêreldgehalte versprei is.

Bestel nou

Standaarduitgawe
R100

Hardeband en foelie-gebosseleer.

Beskikbaar in Engels en Afrikaans.

Spesiale aanbod: R100 per boek (posgeld uitgesluit).

Versamelaarsuitgawe
R2 500

In leer gebind met verhewe bande en die titel in silwer foelie.

Slegs 100 van elk is in Engels en Afrikaans gedruk. Minder as 50 afskrifte is nog beskikbaar.

Onderteken deur die US-rektor met die naam van die ontvanger in die boek gekalligrafeer.

Prys: R2 500 per boek (posgeld uitgesluit).

Spesifikasies van boek

Papier:
Afdeling 1: Teks gedruk op 120 gsm Cartridge
Afdeling 2: Teks gedruk op 130 gsm Matt Art

Formaat:
270 mm diep x 205 mm breed

Grootte:
536 volkleurbladsye plus skutblaaie

Bestellingsinligting

Hoe om te bestel

• Die standaarduitgawe is via die Eeufeeskantoor beskikbaar.
• Die versamelaarsuitgawe is via die Eeufeeskantoor beskikbaar.
• As die boek gepos of met ’n koerier gestuur moet word, sal die koste daarvan by die boek se prys gevoeg word.
• Betalingsmetode by die Eeufeeskantoor: kontant of elektroniese betaling.
• Vir verdere inligting of om die boek te bestel, stuur asseblief e-pos na Carin Erasmus by ccerasmus@sun.ac.za.
• Gewig en afmetings vir versending (L x B x H)
– 1 x boek = 30 x 20 x 10 cm @ 2,5 kg (skatting)
– 2 x boeke = 35 x 30 x 15 cm @ 5 kg (skatting)
– 4 x boeke = 70 x 60 x 30 cm @ 10 kg (skatting)
– 6 x boeke = 45 x 30 x 21 cm @ 15 kg (skatting)
– 8 x boeke = 45 x 30 x 21 cm @ 20 kg (skatting)

Bankinligting vir SA-betalings:

Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: SU deposit account
Tjekrekeningnommer: 073006955
Takkode: 050610
Datum waarop rekening geopen is: 1999-11-19
Verwysing: R9805 – VAN VOORLETTER
Betalingsbewys: Stuur elektronies na ccerasmus@sun.ac.za

Bankinligting vir internasionale betalings:

Banknaam: First National Bank
Tak: Stellenbosch
Universele takkode: 250-655
Rekeningnommer: 62107177083
Rekeningtipe: Tjekrekening
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing: R9805 – VAN VOORLETTER
Betalingsbewys: Stuur elektronies na ccerasmus@sun.ac.za

Ander publikasies

Benewens Universiteit Stellenbosch 100: 1918-2018 het die Universiteit ook ’n paar ander Eeufees-verwante publikasies uitgegee. Dit sluit onder meer boeke in wat aan die US se Fakulteite Natuurwetenskappe en AgriWetenskappe toegewy is, en ’n boek oor die geboue van die US. Lees verder...