Maties-fietstoer

In ons Eeufeesjaar het ’n span fietsryers van die US, insluitend die rektor en visekanselier prof Wim de Villiers, aan die Kaapstad-fietstoer deelgeneem om fondse vir studentebeurse in te samel. Prof De Villiers en ’n groep Maties het die jaar daarna weer die fietstoer voltooi, hierdie keer ten bate van #Move4Food, ’n veldtog wat aandag skenk aan voedselonsekerheid onder studente.