Being at Maties best hockey experience of Agar’s life

Dave Agar

Dave Agar

Being able to have played seven seasons at the Steinhoff Maties Hockey Club was the best hockey experience of Dave Agar’s life. “I got to play some great quality hockey and have even better quality teammates.”

Agar is one of a few players that have played their last season at Maties this year. Others include Pierre de Voux, Illse Davids, Brad Logan, Erin Hunter and Bronwyn Kretzmann.

Agar has played a key role in the Maties men team’s three consecutive Western Province Grand Challenge titles and the bronze medal at USSA this year.

“At Maties I have learnt that if you put in the long hours of hard work and dedication, the results will speak for themselves. And a good team vibe is a key factor to success,” said the club’s 2012 top goal scorer.

“For those thinking about coming to Maties; we have world-class facilities and everything you need to excel and realise your potential. The club is also very socially orientated and creates many opportunities to meet people from diverse backgrounds.”

Agar played for Vics and Maties first team at his time at the club. Choosing some of his best memories were no easy task. “Beating Pinelands at Maties in the final game of the season to win the league in 2013 will be a memory I value forever. Also our victory against WPCC this year to claim our third consecutive league title for the first time in Maties history will not be soon forgotten.”

Maties Men have been undefeated in the Western Province Grand Challenge for the past few seasons.

Agar’s final message to those staying behind: “Cherish every moment and memory because before you know it, it will all be over. And please keep up the winning streak!”

DaveAgar3

AFRIKAANS

Om by Maties te speel beste hokkie-ervaring van Agar se lewe

Sewe seisoene by die Steinhoff Maties Hokkieklub was die beste hokkie-ervaring van sy lewe, vertel Dave Agar. “Ek het goeie gehalte hokkie gespeel en selfs beter gehalte spanmaats gehad.”

Agar is een van ‘n paar spelers wat hul laaste seisoen vanjaar by Maties gespeel het. Ander sluit in Pierre de Voux, Illse Davids, Brad Logan, Erin Hunter en Bronwyn Kretzmann.

Agar het ‘n belangrike rol in die drie agtereenvolgende Westelike Provinsie Groot Uitdaagliga-titels en vanjaar se bronsmedalje by USSA gespeel.

“By Maties het ek geleer dat as jy bereid is om hard te werk en dit met toewyding doen, die resultate vanself sal kom. En ‘n goeie spangees is ‘n belangrike faktor vir sukses,” het die klub se voorste doelskieter in 2012 gesê.

“Vir diegene wat daaraan dink om na Maties te kom; ons het die wêreld-gehalte geriewe en alles wat jy nodig het om te presteer en jou potensiaal te bereik. Die klub is ook baie sosiaal-georiënteerd en skep baie geleenthede om mense uit verskillende agtergronde te ontmoet.”

Agar het in sy tyd by die klub vir Vics en Maties gespeel. Die taak om ‘n paar van sy beste herinneringe uit te sonder, was nie maklik nie. “Die sege oor Pinelands by Maties om in die finale wedstryd van die seisoen die liga te wen in 2013 is ‘n herinnering wat ek vir altyd sal koester. Ook ons ​​oorwinning oor WPCC vanjaar om ons derde agtereenvolgende liga-titel te wen vir die eerste keer in die klub se geskiedenis, sal ek nie gou vergeet nie.”

Maties Mans is die afgelope drie seisoene onoorwonne in die Westelike Provinsie Groot Uitdaagliga.

Agar se laaste boodskap aan diegene wat agterbly: “Koester elke oomblik, want voor jy dit besef, sal dit alles verby wees. En hou asseblief die segetog aan die gang!”

maties-5283

This entry was posted in Club. Bookmark the permalink.