BSc in Bosbou (Bosbou en Houtwetenskappe)

In hierdie vierjarige program kan jy tussen twee studierigtings kies, naamlik Bosbou- en Natuurlikehulpbronwetenskappe of Hout- en Houtprodukkunde. Vir die leerplanne van die onderskeie rigtings, kyk ons Jaarboek.

   Bosbou- en Natuurlikehulpbronwetenskappe

Hierdie rigting handel oor bosse, woude, plantasies en ander boom-gebaseerde landgebruikstelsels. Die studieprogram stel jou bekend aan die hele bosbou- en houtprodukte-waardeketting, soos die kweek en inoesting van bome, die bestuur van plantasies en sosio-ekonomiese en bewaringsaspekte. Die program skop af met modules in Biologie, Chemie, Geo-omgewingswetenskap, Rekenaarvaardigheid en Wiskunde saam met 'n module in Boskunde. Vanaf die tweede studiejaar bestudeer jy die basiese toegepaste wetenskappe soos Grondkunde en Biometrie en in die derde en vierde studiejaar neem jy verskeie modules in Boskunde wat uitloop op 'n oorkoepelende bosbou-bestuursplan.

   Hout- en Houtprodukkunde

Hierdie rigting is 'n kombinasie van houtprodukkunde en ingenieursmodules. Kennis van houtprodukkunde word gekombineer met modules soos Sterkteleer, Gehaltebestuur, Bedryfsergonomie, Omgewingsingenieurswese en Ondernemingsontwerp om 'n graad te skep wat gesogte leiers vir die houtprodukte-omgewing oplewer.

Aangesien daar 'n tekort aan opgeleide kundiges in hierdie studieveld is, is baie beurse beskikbaar: 'n groot persentasie van ons voorgraadse studente ontvang volle beurse! Studente wat hierdie program voltooi, volg meestal loopbane as bosboukundige of houtkundige bestuurders. Daar is ook geleenthede as omgewingsbeplanners, konsultante, kontrakteurs, entrepreneurs, voorligters en navorsers.

   Nagraadse programme

- MScBosb, PhD (Bosb) of DScBosb in Bosbou- en Houtwetenskappe

- Nagraadse Diploma in Bosbou- en Houtwetenskappe

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

Vir die rigting Bosbou- en Natuurlikehulpbronwetenskappe, ook:

  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%

Vir die rigting Hout- en Houtprodukkunde, ook:

  • Wiskunde 70%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 60%