BScAgric in Veekunde

Hierdie program integreer kennis van die ekologie, biochemie, fisiologie, voeding, teling, produksie en produkkwaliteit van veeproduksiestelsels. Dit dek ook die bestuur van veeproduksiestelsels vir verhoogde produksie en produksie-doeltreffendheid op 'n omgewingsvriendelike en ekonomies doeltreffende manier. In die breër bedryfsveld van diereproduksiestelsels is daar 'n keuse van studierigtings: jy kan suiwer veekundige wetenskappe neem of jy kan veekundige wetenskappe volgens jou belangstelling kombineer met onder andere agronomie, akwakultuur, bewaringsekologie of landbou-ekonomie.

As jy een van hierdie rigtings volg, word jy voorberei vir 'n loopbaan as konsultant, entrepreneur, bestuurder, tegnikus, voorligter of produksiebestuurder in veekunde en in veekundeverwante bedrywe (soos dierevoeding, vleiskunde, dierefisiologie, diere-reproduksie en diereteling) of in die akwakultuurbedryf of as vee- of wildboer.

Vir die leerplan van die BScAgric in Diereproduksiestelsels, kyk ons Jaarboek.

   Nagraadse programme

- MScAgric, PhD of DSc in Diereproduksiestelsels

- Nagraadse Diploma in Akwakultuur of Veekundige Wetenskappe

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%