BScAgric in Landbou-ekonomie

Hierdie vierjarige program vestig vaardighede in die gebruik van landbou-ekonomiese en -bestuurstegnieke onder voornemende landbou-ekonome en bestuurskundiges in die openbare en privaat sektor. Die program bied 'n keuse uit die volgende studierigtings: landbou-ekonomiese analise, landbou-ekonomiese analise en -bestuur, landbou-ekonomiese analise en bestuur met voedselwetenskap, en landbou-ekonomie met voedselwetenskap (voedselverwerkingsbestuur).

Vir die leerplanne van die onderskeie rigtings, kyk ons Jaarboek.

   Landbou-ekonomiese analise

Beroepe waaruit afgestudeerde studente kan kies, sluit in navorsers in makro-ekonomiese ontleding (impakbepaling en ontwerp van landbou- en voedselbeleid), landbou-ekonome by finansiële instellings of bemarkingsorganisasies (waardasies, risiko-ontledings, sakeplanne, kontantvloei), asook bestuurders en spesialiste by organisasies in die openbare sektor of by internasionale organisasies in ekonomiese ontwikkeling (bv. die Wêreldbank).

   Landbou-ekonomiese analise en bestuur

Hierdie rigting bied 'n besonder wye verskeidenheid kombinasies ekonomiese en bestuurswetenskappe, ondersteun deur blootstelling aan landbouwetenskappe, om bestuurders meer insig in die interafhanklikheid van skakels in die aanbodketting te gee. Beroepsmoontlikhede vir afgestudeerde studente sluit in navorsers in makro-ekonomiese ontleding (impakbepaling en ontwerp van landbou- en voedselbeleid) en ook landbou-ekonome as bestuurders en spesialiste by landbouverwante finansiële instellings of bemarkingsorganisasies (risiko-ontledings, sakeplanne, kontantvloei), by organisasies in die openbare sektor of by internasionale organisasies in ekonomiese ontwikkeling (bv. die Wêreldbank).

   Voedselverwerkingsbestuur

Die studierigting voedselverwerkingsbestuur kombineer Landbou-ekonomie met geselekteerde Voedselwetenskap-modules. Die doel hiermee is om studente as bestuurders met 'n deeglike insig in voedselverwerking op te lei sodat hulle voedselverwerkingsondernemings effektief kan bestuur. Hierdie kwalifikasie kan selfs primêre produsente in staat stel om hul eie rouprodukte te verwerk.

   Nagraadse programme

- MScAgric, PhD of DSc in Landbou-ekonomie en -bestuur

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%