BRekLLB

Toelatingsvereistes

Die BRekLLB-program bied studente die geleentheid om die leerplanne van die BRek-program en die LLB-program op 'n geïntegreerde manier af te handel. Studente wat hierdie programme gelyktydig volg, word aan sowel die noodsaaklike vertakkings van die regswetenskap as aan die grondslae van finansiële rekeningkunde, bestuursrekeningkunde, belasting en ouditkunde bekendgestel. Na verdere beroepsgerigte opleiding kan hierdie studente dus kwalifiseer as geoktrooieerde rekenmeesters en/of as regspraktisyns.

Indien jy as geoktrooieerde rekenmeester wil praktiseer, kyk "Opleiding van geoktrooieerde rekenmeesters" by BRek. Die LLB rus jou toe met die geskikte kennis en insig wat in die regswetenskappe vereis word met die oog op 'n moontlike loopbaan in die regte. Voordat die regsberoep jou egter formeel tot sy geledere sal toelaat as regspraktisyn, moet jy as LLB-gegradueerde ook die vereiste beroepsopleiding ondergaan en die toepaslike toelatingseksamen suksesvol aflê.

'n Voordeel van gesamentlike registrasie is dat die BRek- en die LLB-kwalifikasies in vyf jaar behaal kan word, wat minstens een jaar minder is as soortgelyke programme - en dit sonder om standaarde te verlaag. Vir die leerplan, kyk ons Jaarboek bladsy 76.