BCom (Regsgeleerdheid)

Toelatingsvereistes

Dié program is beroepsgerig. In hierdie program bestudeer jy beide regsvakke uit die Fakulteit Regsgeleerdheid en vakke uit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Nadat jy die graad verwerf het, kan jy dit aanvul met die toepaslike deel van die LLB-program en, indien jy as 'n regslgeleerde wil praktiseer, ook die professionele toelatingseksamens aflê. 

Na afloop van die program kan jy of verder in die regsrigting of in jou hoofvak (van die ekonomiese en bestuurswetenskappe) studeer. Hiermee kry 'n mens 'n gesogte breër onderbou en dieper begrip van hoe regsreëls by die samelewing in die algemeen inpas. Jy kry ook vaardighede van 'n ekonomiese en bestuursaard en 'n breër algemene kennis as wat jy met die gewone vierjarige LLB-program sou kry.

Die BCom (Regsgeleerdheid) op sigself kwalifiseer jou egter nie om as regspraktisyn te werk nie. Dáárvoor het jy ook 'n LLB-graad nodig. Trouens, beskik 'n mens reeds oor die BCom (Regsgeleerdheid), is jy geregtig op vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Jy kan dus by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en na twee jaar ook die LLB as 'n tweede baccalaureusgraad verwerf. Indien jy as regspraktisyn wil werk, moet jy ook die vereiste beroepsopleiding ondergaan en die toepaslike professionele toelatingseksamen slaag.

Kyk ook BCom (Regsgeleerdheid) by die Fakutleit Reggeleerdheid.

Vir die leerplan, raadpleeg ons Jaarboek, bladsy 73.