First Year’s Welcoming Week

Dear Goldfielder

Welcome to Goldfields, the oldest mixed-gender, mixed-race residence in South Africa.

Congratulations on your acceptance to Stellenbosch University and your placement in Goldfields – we can assure you that Goldfields is a home that will enrich your student experience. You are about to become part of a vibrant listening-living-and-learning community of 150 students, housed in twelve separate blocks on spacious and secure grounds in the historic town of Stellenbosch.

Our main gate is approximately seven minutes’ walk from the Neelsie Student Centre, the Rooiplein and the JS Gericke Library. Campus is big, but you will find us to the north in Hammanshand Road opposite the Faculty of Engineering, with views on to the Lentelus sport fields (for rugby, soccer and hockey). There are various safe walking- and bicycle-friendly routes all along campus, to town. There is also a Maties shuttle service.

If you have been accepted at Goldfields, you will soon be receiving a Welcoming brochure and detailed information regarding all arrangement for Welcoming Week in January. As the House Committee (the elected student leaders of the residence) we have planned a busy, informative and fun time for you. You and your parents will have the opportunity to meet our Resident Head, the members of our House Committee and the Mentors who will be there to help you with your social and academic adjustment.

Please do not hesitate to contact us if you have any questions. We look forward to meeting you in person!

Kind regards

 

HK Team

 

Beste Goldfielder

Welkom by die oudste dubbelgeslag, rasvermengde koshuis in Suid-Afrika!

Baie geluk met jou toelating tot die Universiteit Stellenbosch en jou plasing in Goldfields – ons kan jou verseker dat hierdie ‘n uitsonderlike plek is wat jou studentelewe sal verryk. Jy raak nou deel van ‘n lewendige luister-leef-en-leergemeenskap waar 150 studente in twaalf (ses mans- en ses vroue-) blokke tuisgaan.

Ons ruim perseel is aan die noordekant van kampus geleê, in Hammanshandweg, oorkant die Fakulteit Ingenieurswese en langsaan die Lentelus sportgronde, waar studente smiddae rugby, hokkie en sokker oefen. Alhoewel kampus groot is, met universiteitsgeboue vanaf die Krom- tot by die Eersterivier, is daar genoeg stap- en fietsvriendelike roetes wat regoor kampus tot by die middedorp strek, en ‘n bussiediens vir die dag as jy swaar aan al jou boeke dra. Ons hoofhek is sowat sewe minute se stap vanaf die Neelsie Studentesentrum, die Rooiplein en die JS Gericke biblioteek.

As jy by Goldfields geaanvaar is, sal jy binnekort ‘n verwelkomingsbiljet met inligting oor ons koshuis en die Verwelkomingsprogram in Januarie van ons ontvang. As Huiskomitee (die verkose studenteleiers van die koshuis) het ons ‘n propvol program vir jou beplan. Ons nooi graag vir jou en jou ouers uit om ons Inwonende Hoof, die lede van die Huiskomitee en die Mentors te ontmoet. Ons staan reg om die aanpassing by ons so maklik as moontlik te maak.

Kontak ons gerus as jy enige navrae het. Ons sien uit om jou binnekort in lewende lywe te ontmoet!

Vriendelike groete

 

HK Span