Regsgeleerdheid

Op die hoek van Victoria- en Ryneveldstraat pryk die Ou Hoofgebou, tuiste van die Stellenbosse Regsfakulteit. Die Fakulteit het 'n lang en trotse tradisie van voortreflike regsopleiding wat studente nie net as regspraktisyns toerus nie, maar ook as juriste.

Die Fakulteit het in 1921 tot stand gekom, het reeds diep wortels in die Suid-Afrikaanse samelewing gevestig en het bygedra tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse regstelsel.

NAGRAADSE PROGRAMME

Nadat aanvanklik net LLB-grade hier aangebied is, is die LLM-graad (d.m.v. 'n tesis) in 1976 vir die eerste keer aan twee studente toegeken. Die gedoseerde LLM-program is in 1994 geloods, die Nagraadse Diploma in Belastingreg in 1999 en die Nagraadse Diploma in Intellektuele Goederereg in 2013.

NAGRAADSE NAVORSING

Navorsing speel 'n baie belangrike rol in die Fakulteit, soos duidelik blyk uit sy positiewe navorsingsuitsette. Die Fakulteit huisves die Navorsingsleerstoel in Sakereg (SARChI), die HF Oppenheimer Leerstoel in Menseregte en die Anton Mostert Leerstoel in Intellektuele Goedere.

Die terreine van spesialisering en navorsing in die onderskeie departemente word hieronder uiteengesit.

Vir meer inligting:

Fakulteitsadministrateur: Mnr Shirle Cornelissen

Tel.: +27 (0)21 808 9111

E-pos

Webwerf