LLM (Gestruktureerd)

Hierdie program stel regstudente in staat om te spesialiseer in 'n vakgebied van hul keuse en bied ook aan hulle die geleentheid om op hedendaagse vraagstukke te konsentreer wat as gevolg van sowel maatskaplike transformasie as grondwetlike en ander onlangse ontwikkelings aktueel en relevant is. Die LLM-graad word behaal deur vier modules te voltooi en 'n studieprojek van ongeveer 15 000 tot 20 000 woorde oor 'n goedgekeurde onderwerp in te dien.

'n Groot verskeidenheid modules word aangebied (die onderrigtaal is Engels):

. aspekte van omgewingsreg

. deeltitels in regsvergelykende perspektief

. forensiese reg

. gelykheid in diensverband

. geselekteerde vraagstukke in internasionale arbeidsreg en sosiale sekerheidsreg

. gevorderde maatskappyereg

. indiensnemingsregte

. informasietegnologiereg

. intellektuele goederereg

. internasionale belastingreg

. internasionale kommersiële arbitrasie

. internasionale koopreg

. internasionale reg en kinderregte

. internasionale strafreg

. mededingingsreg

. mediese reg

. privaatreg in regsvergelykende perspektief

. regsaspekte van wêreld- en streekshandel

. seevervoer van goedere

. staatsverkrygingsregulering

. trustreg

Die Fakulteit bied ook twee gespesialiseerde LLM-grade aan, naamlik die LLM (Internasionale Handelsreg) en die LLM (Intellektuele Goederereg).

Vir nadere besonderhede, kyk hier.