Praktiese Teologie & Missiologie

Die Dissiplinegroep doen naas voor- en nagraadse werk, ook gespesialiseerde navorsing in die Eenheid vir Godsdiens en Ontwikkelingsnavorsing. Die Eenheid het 'n uitgebreide statistiese databasis oor Godsdiens in Suid-Afrika. Die Eenheid is ook veral intens betrokke by navorsing oor armoede.

Die Dissiplinegroep huisves die administratiewe bestuur van NetACT (Network for African Congregational Theology), 'n netwerk van verskeie teologiese instansies in Afrika. Die doel is om deur skakeling en wedersydse steun meer effektief Christelike leierskap te ontwikkel en te ondersteun. 'n Verskeidenheid projekte word hanteer en 'n groot getal nagraadse studente uit Afrika skakel hierby in. Ons navorsingsareas word vervolgens uiteengesit.