BSc in Voedselwetenskap

Indien jy oor probleemoplossingsvaardighede en kreatiewe vermoëns beskik en 'n sterk belangstelling het in die wetenskap van voedsel, is dit die program vir jou!

Hierdie vierjarige program lei studente op om rou materiale te omskep in die innoverende, veilige, voedsame en smaaklike voedselprodukte beskikbaar in supermarkte. Jy word geleer om kennis van die fundamentele wetenskappe soos chemie, biochemie, fisika, wiskunde en mikrobiologie toe te pas in voedselprosessering, -preservering, -verpakking en -produkontwikkeling.

Tydens die studiejare is daar noue kontak met die Suid-Afrikaanse voedselindustrie deur gereelde fabrieksbesoeke en verpligte praktykopleiding. Hierdeur maak jy kennis met 'n wye verskeidenheid aspekte van die voedselwetenskapstudierigting.

Studente wat die graad BScVoedselwet verwerf, kan aangestel word as innoverende produkontwikkelaars, of as bestuurders van verskeie afdelings in voedselmaatskappye, soos produksie, produkontwikkeling, kwaliteitskontrole, navorsing en ontwikkeling, en tegnies. Hulle kan ook as navorsers by tersiêre- en navorsingsinstitute werk of entrepreneurs word en, nadat ondervinding opgedoen is, konsultante vir die voedselbedryf. Stellenbosch Universiteit se voedselwetenskaplikes is wêreldwyd gesog.

Vir die leerplan van die BSc in Voedselwetenskap, kyk ons Jaarboek.

   Nagraadse programme

- MScVoedselwet, PhD (Voedselwet) of DScVoedselwet in Voedselproduksiestelsels

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%