Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Suid-Afrika se sakewêreld het 'n groot behoefte aan mense wat idees en vaardighede saam kan inspan om ondernemingsgees en vernuwing te bevorder. Al ons programme het 'n sterk finansiële en bestuursbenadering en is gerig op die ontwikkeling van kwantitatiewe vermoëns. So help ons voornemende sakeleiers om die bestuurs- en finansiële besluitnemingsvaardighede te ontwikkel om in Suid-Afrika en die internasionale mark te kan meeding.

Ons breë graadprogramme gee jou 'n grondige agtergrond in ekonomiese, bestuurs- en wiskundige wetenskappe met 'n ruim keuse van beroepsfokusse. In hierdie programme kan studente die breë programstruktuur kies of 'n fokusarea binne die program. Die fokusareas met hul besondere modulekombinasies is net 'n aanbeveling om studente te help om meer gefokusde modulekeuses te maak wat hulle op 'n spesifieke beroep voorberei. 

Verder bied ons graadprogramme aan wat jou voorberei om vir 'n professionele beroep te registreer wat nasionale én internasionale erkenning geniet. Hierbenewens is daar twee programme met 'n regsfokus. Ons bied ook drie fokusareas aan in die multifakultêre program, die B in Datawetenskap (BDatSci). Laastens het ons 'n voorgraadse diplomaprogram, die driejarige Diploma in Volhoubare Ontwikkeling, wat op die Lynedoch-kampus aangebied word. 

Al ons baccalaureusgrade kan lei tot nagraadse studie (honneurs, magister- en doktorale programme), wat verdere spesialisasie beteken. Ons gee hier 'n kort beskrywing van die diploma- en baccalaureusgraadprogramme. As jy meer wil weet daaroor, raadpleeg die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se Jaarboek.

Vir ons Fakulteit se amptelike keuringsriglyne, kyk hier.

   Taal van onderrig

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bied die meerheid van sy eerstejaarsmodules in Afrikaans en Engels aan. In daaropvolgende jare word klasse in ten minste Engels aangebied. Studente sal in baie modules die geleentheid kry om in 'n Afrikaanse klas te wees of in klasse waar Afrikaans en Engels albei gebruik word. Aanvullende leergeleenthede sal ook beskikbaar wees.

   Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos

Oor studieprogramme, keuring en akademiese ondersteuningsprogramme

Ilse Frans

Tel: 021 808 9525

E-pos

Oor toelatingsvereistes, aansoek en registrasie

Lauren Delport, e-posadres

Bomi Kohli, e-posadres

Carol Blaauw, e-posadres

Meyrick Balie, e-posadres

Vir meer inligting

Webwerf vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Webwerf vir die Fakulteit Regsgeleerdheid