Graadprogramme vir professionele registrasie

Oorweeg een van ons beroepsgerigte programme as jy 'n aktuaris, 'n bedryfsielkundige of 'n rekenmeester wil word. Indien jy 'n professionele rekenmeester wil word, kan jy kies tussen die programme BRek, BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële Rekeningkunde). Onderworpe aan sekere beperkings, is dit moontlik om tydens jou studie tussen hierdie programme oor te skakel. Jy kan selfs na een van die breë graadprogramme verander indien jy besef dat rekeningkunde jou nie geval nie.