Graadprogramme met ’n regsfokus

Stel jy dalk belang in 'n BCom- of BRek-program met 'n regsfokus? Oorweeg dan die BCom (Regsgeleerdheid) of BRek LLB. Ons bied hierdie programme saam met die Fakulteit Regsgeleerdheid aan.

In die driejarige program BCom (Regsgeleerheid) neem jy vakke uit die breë BCom-program saam met 'n klompie regsvakke.

Die BRek LLB-program stel jou in staat om die BRek- en LLB-grade albei as 'n enkele, gekombineerde kwalifikasie binne vyf jaar te voltooi. Hierdie program bied die opleiding wat nodig is om gelyktydig as 'n geoktrooieerde rekenmeester én 'n regspraktisyn  te kwalifiseer.

   Keuring

Die programme BRek en LLB (gesamentlike registrasie) en BCom (Regsgeleerdheid) is ook aan keuring onderworpe. Die Fakulteit Regsgeleerdheid hanteer hulle keuringsproses. Kyk algemene toelatingsinligting en keuring hieroor.