Matie-stemme

Blain van Wyk

Alumnus van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe


“Toe ek jonger was, het ek altyd gewonder hoekom ek so gebore moes word – ek wou so graag soos die ander kinders lyk. Maar toe ek by die punt kom waar ek myself werklik kon aanvaar en liefhê vir wie ek is en vir hoe ek lyk, het alles verander.”

Blain van Wyk, ? boorling van die Paarl, is met ? gesplete lip en verhemelte gebore en moes op drie dae oud sy eerste operasie kry om sy lip te heg. Op nege maande is sy verhemelte reggemaak. Daarna het nog baie operasies en baie ure in dokters se spreekkamers gevolg.

“Dit was moeilik om deur soveel operasies te gaan. Toe ek jonger was, het ek baie skool gemis as gevolg daarvan, en is natuurlik ook op skool oor my voorkoms gespot.”

Nadat hy aan Paarl Gimnasium gematrikuleer het, het hy by die Universiteit Stellenbosch (US) ingeskryf. In sy tweede jaar het Blain gehoor van Operation Smile Suid-Afrika, ? organisasie wat gratis rekonstruktiewe chirurgie bied aan behoeftige kinders wat met ? gesplete verhemelte gebore is.

“Dit het my so persoonlik geraak dat ek dadelik betrokke wou raak. Ek het besluit om my eie projek te begin om geld in te samel vir kinders met gesplete verhemeltes en lippies. Vir my was die plek om dit te begin in Wilgenhof, my koshuis. Ek het toe een middagete in die eetsaal my storie gedeel en almal was ten gunste van die projek.”

Wilgenhoffers is gevra om elke maand ? klein bedraggie in ? koevert te plaas om die projek te ondersteun, maar volgens Blain het hulle soms R20, R50 en selfs R100 in die koeverte gekry. Hierdie bydraes het uiteindelik vir vyf kinders se operasies betaal.

In sy derdejaar het sy Geskiedenisdosent, prof Sandra Swart, hom gevra om vir die klas ? aanbieding oor Operation Smile te doen. “Twee dae later het ? meisie in die klas – ek ken haar tot vandag toe nie – vir my ? koevert met geld vir Operation Smile gegee. Dit was die oomblik toe ek besef het: jy weet nooit wie jou storie gaan hoor nie.”

Kort daarna het hy ook by Sonop Dameskoshuis oor Operation Smile SA gepraat, waar ? inwoner, Jeanine Botha, voorgestel het hy begin ? vereniging sodat meer studente betrokke kan raak. “Ons twee het die Operation Smile-studentevereniging begin.”

Vandag is Blain ? trotse en selfversekerde ambassadeur vir Operation Smile SA, maar dit was nie altyd maklik om homself te aanvaar vir wie hy is nie.

“Toe ek jonger was, het ek altyd gewonder hoekom ek so gebore moes word – ek wou so graag soos die ander kinders lyk. Maar toe ek by die punt kom waar ek myself werklik kon aanvaar en liefhê vir wie ek is en vir hoe ek lyk, het alles verander. Dit is tóé dat ek my eie ervaringe kon gebruik om ? verskil te maak vir kinders wat soos ek gebore is. As ek nou terugkyk, weet ek presies hoekom ek so gebore is.”

- Deur Sonika Lamprecht -