100 artefakte

“100 artefakte vir 100 jaar” het op 31 Oktober 2018 by die US Museum geopen. Hierdie uitstalling was daarop gemik om die Universiteit se stories van die afgelope 100 jaar oor te dra. Items wat ten toon gestel is, het ’n Feldmeyer-yster ingesluit wat gebruik is toe die Universiteit nog ’n Departement van Huishoudkunde gehad het, asook ’n rolprentkamera uit die 1930’s wat deur die bekende Oom Pietie le Roux gebruik is om die aktiwiteite van die Stellenbosch-boereorkes op te neem.