Ander publikasies

Universiteit Stellenbosch Geboue

Hierdie pragtig geïllustreerde boek bied ’n chronologiese visuele rekord van die geboue by die US sedert die opening van die Ou Hoofgebou in 1886. Die ander vier kampusse wat later ontstaan het, is ook ingesluit en daar word vorentoe gekyk na die voltooiing van imponerende nuwe bouprojekte tot 2023. Die argitektuur van die geboue wat in die boek uitgebeeld word, besin oor die styl van die boutydperk en vloei naatloos saam met die ryk geskiedenis van Stellenbosch.

Om hierdie boek teen ’n prys van R350 te bestel, kontak asseblief vir Inge-Rae Scholtz by irhode@sun.ac.za


AgriWetenskappe se boek

Die boek vertel die geskiedenis van die Fakulteit AgriWetenskappe oor die afgelope 100 jaar, veral uit die perspektief van verskillende rolspelers die afgelope 50 jaar. Die boek begin met ’n tydlyn van die belangrike gebeure van die afgelope 100 jaar en bied dan ’n oorsig van die verskillende dekane van die fakulteit oor die jare heen. Die geskiedenis van die verskillende departemente word weergegee en die boek sluit af met ’n lys noemenswaardige navorsers van die fakulteit, asook PhD-grade wat toegeken is.

Hierdie boek kos R950. Om navrae te rig of ’n bestelling te plaas, kontak Karin Vergeer by ccav@sun.ac.za of +27 21 808 4792.


Fakulteit Natuurwetenskappe se boek

Die Fakulteit Natuurwetenskappe, een van die vier stigtersfakulteite van die Universiteit Stellenbosch (US) in 1918, het sy 100ste bestaansjaar met die publikasie van ’n beperkte-uitgawe-koffietafelboek gevier: ’n Besonderse Denkwyse – Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch, 1918-2018.

Die boek volg die spoor van die eerste akademiese departemente, asook die eerste pioniers wat die grondleggingswerk vir opleiding en navorsing in verskeie dissiplines gedoen het. Met meer as 200 foto’s en beeldmateriaal uit die US Argief, die Africana-afdeling van die US Biblioteek en verskeie artefakte uit departementele versamelings, asook wetenskaplike beeldmateriaal van vorige en huidige navorsing, gee die boek gestalte aan die pogings van die wetenskaplikes van gister en vandag.

Om hierdie boek teen ’n prys van R450 te bestel, kontak asseblief vir Wiida Fourie-Basson by science@sun.ac.za


Eeufeesuitgawe van Matieland

’n Spesiale Eeufeesuitgawe van Matieland, die US se tydskrif vir alumni, gee ’n insig van die Universiteit se geskiedenis en toekoms. Historiese foto’s vertel die storie van die Universiteit se ontstaan en verslagdoening dek belangrike gebeure uit die Universiteit se Eeufeesjaar – en in verskeie artikels word daar na belangrike gebeure uit die Universiteit se Eeufeesjaar gekyk. Daar is ook historiese tydlyne wat die ontwikkeling van onder meer die Coetzenburg-stadion, die Studentevoorligtingsentrum en die studentekoerant Die Matie uitbeeld.

Om die spesiale Eeufeesuitgawe van Matieland te lees, klik asseblief hier:
https://console.virtualpaper.com/stellenbosch-university/matieland-centenary-edition/#1/


2018 Navorsingsverslag

Klik hier om die verslag te lees.


Geïntegreerde Jaarverslag 2017 – Eeufees

Klik hier om die verslag te lees.