Toe die Universiteit van Stellenbosch (nou die Universiteit Stellenbosch) deur ? parlementswet op 2 April 1918 universiteitstatus verkry het, was dit nie ? nuut gestigte instelling nie. Dit het in die vorige byna 60 jaar deur verskeie stadia geleidelik ontwikkel tot ? kollege wat ? universiteit geword het.

In die 1850’s wou die Kaapse NG Kerk predikante plaaslik opgelei hê, nie in Nederland nie. So word die Teologiese Seminarium (algemeen die Kweekskool genoem) in 1859 gestig. Vir teologiestudente se skoolopleiding was ? hoër skool nodig – ? gimnasium wat soos in Nederland Latyn en Grieks aangebied het.

Hiervoor is die Stellenbosche Gymnasium (nou die Paul Roos-gimnasium) in 1866 gestig – met onderwysers uit Skotland. Ná ? wet van die destydse Kaapse parlement het die gimnasium in 1874 ? vorm van tersiêre inrigting geword – dit het ? Arts Department gekry, met afdelings vir Lettere en Wysbegeerte en vir Wis- en Natuurkunde.

In 1880 word hierdie inrigting die Stellenbosch College and Public School. Dié kollege kry in 1886 ? deftige gebou (nou die Ou Hoofgebou) as geskenk van die dorpsbewoners.

Met die inwyding daarvan is besluit om die kollege te vernoem na koningin Victoria, wat in 1887 vyftig jaar op die Britse troon sou wees. Uit Londen het die paleis laat weet dat sy “graciously pleased” hiermee was.

Vir 30 jaar, tot 1917 was die ‘Viktoria Kollege’ soos dit in ‘Hollands’ genoem is, landwyd bekend as akademiese instelling van gehalte. Maar erkenning as universiteit was nie sonder uitdagings nie – en £100 000 pond as erfenis ná die dood in 1915 van mnr Jannie Marais van die plaas Coetzenburg het die nodige finansiële volhoubaarheid verseker.

Drie parlementswette op een dag in 1916 het bepaal dat die Universiteit van Suid-Afrika (nou ook bekend as Unisa), die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van Stellenbosch op 2 April 1918 universiteitstatus sou verkry.

Hoeksteenlegging van die Ou Hoofgebou op 22 Desember 1880. Dié hoofgebou van die destydse Stellenbosch College is op 6 November 1886 ingewy.

’n Gedenksteen in die binneplein van die Ou Hoofgebou ter nagedagtenis aan twee studente wat in 1899 aan koors gesterf het.

Op 6 November 1986 is die Ou Hoofgebou se honderste bestaansjaar in die binneplein gevier.