Die Universiteit Stellenbosch (US) is vandag (2 April 2018) amptelik ? 100 jaar oud.

Op 2 April 1918 het die Victoria-kollege plek gemaak vir die Universiteit van Stellenbosch (in 2000 die Universiteit Stellenbosch) en het vier fakulteite (Natuurwetenskappe, Onderwys, Lettere en Sosiale Wetenskappe en AgriWetenskappe), 503 studente en 40 akademiese personeellede met hul werksaamhede begin. Vandag is die Universiteit se vyf kampusse ? tuiste vir 10 fakulteite en ? lewenslustige en kosmopolitaanse gemeenskap van meer as 31000 studente en 3000 personeellede.

In die Eeufeesnarratief sê die US die volgende: “Met ons Eeufees in 2018 herdenk ons groot prestasies en baanbrekeruitvindings. Ons salueer die meer as 250 000 alumni en studente, opvoeders, navorsers, professionele en administratiewe steunpersoneel sowel as ons bestuur- en beheerstrukture wat die US help vorm en sy reputasie as ? wêreldklas- akademiese instelling help vestig het.

“As ? openbare instelling het die US sy hoëronderwysrol midde-in die verskillende politieke, sosio-ekonomiese, kulturele en opvoedkundige realiteite en ontwikkelings van die 20ste eeu vervul, onder meer ook die spesifieke vorm van ongeregtigheid wat destyds in Suid-Afrika geheers het. Sedertdien het die US “sy bydrae tot die ongeregtighede van die verlede” erken en hom tot “gepaste regstellings- en ontwikkelingsinisiatiewe” verbind, soos sy Strategiese Raamwerk vir die Eeuwisseling en Daarna van 20 Maart 2000 dit stel. Ons vereer ook die kritiese Matiestemme wat ondanks verguising aanhou praat het, en later bakens op die reis na ? regverdige samelewing sou word. ?

“Teen hierdie agtergrond van uitnemende prestasie en waardevolle lesse uit ons komplekse geskiedenis, verteenwoordig die Eeufees met sy tema “100 jaar van leer, groei en saam vorentoe beweeg” ‘n nuwe begin vir die Universiteit Stellenbosch. Ons streef daarna om ? relevante universiteit te wees wat ? kernrol in die ontwikkeling van ons nasie en ons vasteland speel. Daarbenewens is ons daartoe verbind om ? samelewing van waardigheid, genesing, geregtigheid, vryheid en gelykheid vir almal te help skep.”