Woordfeesfamiliedag

Die Eeufeespretstap het op 3 Maart 2018 in ’n reflektiewe bui by die Ou Lückhoff Skool in Banghoekweg afgeskop. Dis as die beginpunt gekies om erkenning te gee aan inwoners wat tydens apartheid met geweld uit ‘Die Vlakte’ verwyder is. In Victoriastraat het studente van die Militêre Akademie en die orkes van die RSA Vloot by die stap aangesluit en die pad deur die kampus na Coetzenburg gelei. Die stap is by Coetzenburg afgesluit met ’n vlaghysingseremonie deur die Militêre Akademie, asook toesprake deur ’n verteenwoordiger van die SA Weermag en die US rektor.

Deelnemers kon na afloop van die geleentheid aan die pret van die Woordfeesfamiliedag deelneem, met vermaak deur Pieter en die Wolf, asook verskeie kunstenaars soos Les Jevan, Theuns Jordaan, Jeremy Loops en Jimmy Nevis.