VENSTERS nuus!

 

Die dames van Harmonie en die manne van Pieke is HARD aan die werk vir hierdie jaar se vensters! Vensters gaan hierdie jaar groot en exciting wees met amper 300 mense wat gaan optree op stage! Al sukkel dit soms om al die manne op dieselfde tyd in een lokaal te kry, word dinge nie verstadig daardeur nie! (Hulle is soooo baie!)

Ons partners is mos die manne van Pieke en saam het ons besluit op die tema Windows HP vir vensters!

Kortliks gaan die produksie oor ‘n student wat die woord ‘lekker’ google translate. Aangesien die woord nie in ander tale vertaal kan word nie, word die student ingesluk in cyber world en….. wat verder met hom gebeur sal jul moet kom uitvind!!!

VENSTERS 2012: 2 Feb op harmonie se grasperk!

Daar gaan geact word, gedans word en dit gaan sommer net ‘lekker’ wees!!!! Sien binnekort by vensters!

 

Kom kyk ons Vensters by Harmonie Dameskoshuis, Neetlingstraat, 2 Feb!!!!

en FIVE SIX SEVEN EIGHT!!

Post navigation