Afrikatale
Ons programme bied aan studente die geleentheid om gespesialiseerde studie te doen binne die raamwerk van internasionaal-erkende teorieë, en om hedendaagse praktiese situasies en praktyke rakende Afrikatale te ondersoek waarin die beste oplossing geïnformeer word deur teoretiese insigte.
Die nagraadse programaanbod bevat keuses van spesialisering en studie in een van die volgende fokusareas:
- Letterkunde
- Taalkunde
- Kommunikasiestudie
- Geletterdheid, taalaanleer en onderrig
Die Honneursprogram behels die studie van vyf kursuswerkmodules en die Magisterprogram in Afrikatale behels 'n 100%-tesis of kursuswerk en 'n 50%-tesis of 'n werkstuk.
Die Honneurs- en Magisterprogramme in Afrikatale vir Professionele Kontekste bestaan uit kursuswerk wat gespesialiseerde studie behels in 'n verskeidenheid taalkundige velde. Dit sluit in taalbeleid en taalbeplanning, kommunikasie- en diskoersanalise, en teks- en genre-analise wat van belang is vir taalpraktisyns in die regering- en sakesektor wat verantwoordelik is vir die bevordering van die status en die gebruik van die Afrikatale in professionele kontekste.
Al ons programme is geskik vir internasionale studente en kan óf voltyds óf deeltyds gevolg word.
Programme
Honneursprogram in Afrikatale
Honneursprogram in Afrikatale vir Professionele Kontekste
Magisterprogram in Afrikatale
Magisterprogram in Afrikatale vir Professionele Kontekste
Doktorale program in Afrikatale