Abstrakte

Kliek hier vir die Konferensie abstrak/bydrae boek!

Kliek hier vir Powerpoint riglyne en voorstelle vir outeurs!

Hoe om ’n abstrak/bydrae in te dien

Eers moet jy as gebruiker vir hierdie konferensie by https://www.conftool.net/sotl2019/ registreer. Doen die volgende daarna:

  1. Teken op bogenoemde blad aan met die besonderhede wat tydens die registrasieproses geskep is.
  2. Klik op ‘Your Submissions’.
  3. Kies ‘Research’ of ‘Innovation’.
  4. Voltooi die nodige velde.
  5. Klik op ‘Proceed’ en ‘Complete submission’. ʼn Skerm sal verskyn wat die nuwe bydrae wys. Jy ook sal ’n e-pos ontvang wat die indiening van’jou abstrak bevestig.

Algemene inligting

Personeellede van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte in te dien oor die aspekte van onderrig en leer in hoër onderwys, d.i. voorgraadse en nagraadse onderrig, asook voortgesette professionele ontwikkeling.

Jy wil dalk jou ervaring kom deel oor ’n nuwe of innoverende aspek wat jy in jou onderrig- of assesseringspraktyk probeer het. Het dit gewerk of nie? Miskien het jy ’n grootskaalse behoeftebepaling gedoen wat verwant is aan jou onderrig of jy het op iets interessants afgekom tydens die ontleding van die resultate van jou studente se assesserings. Het jy in samewerking met ander kollegas in jou departement, fakulteit, of selfs oor dissiplinêre grense heen ’n onderrigverwante aspek ondersoek?  Het jy navorsing gedoen oor jou onderrig of assessering? Of dalk het jy nuwe idees wat jy graag wil deel en bespreek.

Kom deel jou passie, jou nuus en jou resultate met ons in ’n aanbieding, ’n paneelbespreking of as ’n plakkaat sodat ons almal saam kan leer om onderrig aan die US so goed moontlik te maak.

Skryf van die abstrak

Kyk gerus na die navorsingsruimtemodel Die navorsingsruimtemodel (CARS-model), wat stapsgewyse leiding vir navorsing in onderrig gee, en van hulp kan wees met die skryf van die abstrak. Die SOL-adviseur in jou fakulteit is ook beskikbaar vir ondersteuning met die skryf van jou abstrak.

Die abstrak moet ʼn minimum van 300 woorde en maksimum van 350 woorde wees. Die sperdatum vir die indiening van abstrakte is 23 Augustus 2019, en ons sal jou teen 20 September 2019 laat weet of jou abstrak aanvaar is.

Strome

  • Akademiese geletterdhede
  • Assessering en terugvoer
  • Eienskappe van die gegradueerde
  • Evaluering
  • Faktore van studentesukses
  • Fokus op eerstejaars
  • Interdissiplinêre onderrig
  • Mentorskap en tutorskap
  • Nagraadse onderrig
  • Leer en Onderrig Leierskap
  • Programvernuwing
  • Refleksie
  • Sosiale geregtigheid in onderrig en leer
  • Sosiale impak
  • Tegnologie in onderrig
  • Transformasie van die kurrikulum
  • Vernuwende onderrig

Kriteria vir die abstrak

Daar is twee tipes abstrakte: Navorsing en Innovering. Jy moet die volgende in die abstraktipe van jou keuse insluit, en ook hierdie volgorde volg:

Navorsing Innovering
Agtergrond, beweegrede, doelwit Agtergrond, konteks, doelwit
Navorsingsvraag of -vrae Besondere belangstelling of fokus van die aanbieding
Teoretiese raamwerk en literatuuroorsig Beskrywing van die werk wat gedoen is
Metodes Verbande met soortgelyke werk
Implikasies: Hoe die werk tot die vakgebied bydra, tersaaklikheid vir ander kontekste, ander gebiede vir verdere navorsing Implikasies: Die boodskap om saam te neem, bv. kan in ’n ander konteks toepaslik of nuttig wees, of dui ander gebiede vir verdere ondersoek of navorsing aan
Die oorspronklikheid of belang van die navorsing Die waarde vir medepraktisyns
Bevindings of gevolgtrekkings uit bevindings Slotsom

Algemene kriteria

  • Die titel van die abstrak moet nie langer as 10 woorde wees nie.
  • Die abstrak self moet tussen 300 en 350 woorde wees.
  • Die abstrak moet reeds taalversorg wees wanneer dit ingedien word.
  • Die abstrak moet inteksverwysings (outeur datum) bevat, maar ʼn bronnelys is nie nodig nie.
  • Die abstrak behoort vir ‘n wye spektrum lesers verstaanbaar te wees.
  • Die abstrak moet voor of op 23 August 2019 ingedien wees.

Om vir enige toekennings oorweeg te word, moet jou abstrak aan al die bogenoemde kriteria voldoen.

Toekennings

Navorsing:  Finansiële ondersteuning vir ʼn aanbieding by ʼn Internasionale konferensie tot die maksimum bedrag van R40 000*
Innovering:  Finansiële ondersteuning vir ʼn aanbieding by die HELTASA-konferensie*
Deelnemers-keuse:  Finansiële ondersteuning vir ʼn aanbieding by die HELTASA-konferensie*
*abstrak moet aanvaar word voordat konferensie betaal word

  • Deelnemers / ‘n groep van deelnemers kan slegs die toekenning(s) een maal in ‘n drie-jaar siklus ontvang.
  • Personeel van die Afdeling Leer-en Onderrigverryking kan nie in aanmerking kom vir die Navorsing en Innovasie toekennings nie.
  • Die Deelnemers se keuse toekenning kan toegeken word aan enige persoon wat ‘n aanbieding doen by die AvOL-konferensie.

Navrae?

E-pos ons by sotl@sun.ac.za