Registrasie vir die 2019 konferensie is nou oop.
U Inetkey moet geaktiveer wees indien u via die universiteitsnetwerk registreer.
Let asb daarop dat die registrasie-proses tweeledig is.
(1) U moet eerstens registreer as ‘n gebruiker (“user”) om ‘n nuwe gebruikersnaam en
wagwoord vir u te skep vir die 2087 konferensie. Hierdie stap hoef slegs een keer voltooi
te word en sal u in staat stel om u abstrak op die ConfTool konferensie- administrasiestelsel te laai.
(2) Indien u besluit om wel die konferensie by te woon (hetsy as aanbieder of bloot om die
sessies by te woon), moet u as deelnemer registreer. Hierdie stap sal verseker dat u
naam op die registrasielys vir bywoning van die konferensie sal verskyn.
ConfTool gebruikersgids:
Om te registreer op die ConfTool webwerf:
1. Klik op: https://www.conftool.net/sotl2019/
2. Klik op ‘register new’
3. Vul die nodige inligting in en klik op ‘create user account only’.
4. U sal ‘n e-pos met u gebruikersnaam en wagwoord kry.
Om te registreer vir die konferensie:
1. Teken in en klik op ‘Register as participant’
2. Volg die stappe op die skerm:
- Stap 1: Kontroleer status en ander inligting (klik op Proceed to Step 2)
- Stap 2: Kies die ‘events’ wat u wil bywoon (klik op Proceed to Step 3)
- Stap 3: Kontroleer keuses
3. Klik op: Register now
4. U sal ‘n e-pos kry wat die registrasie bevestig.
Klik hier om te registreer.
Navrae: sotl@sun.ac.za