Gevorderde Diploma in Praktiese Musiek

   Oor die program

Die eenjarige Gevorderde Diploma in Praktiese Musiek bied gespesialiseerde uitvoerende musiekopleiding wat jou toerus om jou hoofinstrument te onderrig. Praktiese onderrig word aangebied in klavier, orrel en alle moderne orkesinstrumente, asook in sang, blokfluit, klawesimbel, kitaar en koordirigering.

Daar is ruim geleentheid vir groepmusiek-beoefening, byvoorbeeld in die US Simfonieorkes, die US Simfoniese Blaasensemble, die US Jazz Band, die US Koperblaasensemble, verskeie kore en talle kleiner ensembles.

Moontlike beroepe waarvoor hierdie program jou kan voorberei, is uitvoerende kunstenaar, begeleier, musiekonderwyser of dirigent. Verdere studie kan lei tot BMus met spesialisasie in Musiekopvoeding, Uitvoering in Kamermusiek of Begeleiding, Solosang of Solospel, Musiekwetenskap, Komposisie, Musiektegnologie, Kerkmusiek, Etnomusikologie of Koorleiding.

   Programinhoud

Kyk ons jaarboekinskrywing vir die leerplan.

   Toelatingsvereistes

  • Diploma in Praktiese Musiek met Musiekstudie S 221 en 261

   Keuring

  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Keuring op grond van die Departement Musiek se oudisie, waartydens kandidate bewys van die vereiste standaarde moet lewer. Ons stuur inligting oor die oudisie wanneer ons jou aansoek ontvang
  • Meer inligting by auditions@sun.ac.za