BA in Ontwikkeling en Omgewing

   Oor die program

Die driejarige BA-program in Ontwikkeling en Omgewing leer jou hoe gemeenskappe werk, die prosesse van ontwikkeling en die natuurlike omgewing. Dit lei jou tot begrip van die wisselwerking tussen gemeenskappe, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprosesse en die natuurlike omgewing, en die gevolge daarvan.

Die program kweek basiese en bestuursvaardighede vir ondernemers en ook vir beroepe soos bestuurders, beplanners en administrateurs in die openbare en privaat sektors en in nasionale en plaaslike owerhede. Loopbane is moontlik in beroepsvelde soos gemeenskapsontwikkeling, bevolkingsontwikkeling, stads- en streekbeplanning, toerismebeplanning en -bestuur, hulpbronbeplanning en -bestuur en omgewingsbeplanning en -bestuur.

   Programinhoud

Dit is 'n interfakultêre program wat jou toegang bied tot drie nagraadse rigtings. Jy volg van jou eerste tot derde jaar drie verpligte hoofvakke: Geografie en Omgewingstudie, en Sosiologie of Sosiale Antropologie uit die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe en Openbare en Ontwikkelingsbestuur uit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Ekonomie is slegs op een van die eerste twee jaarvlakke 'n verpligte vak; indien jy nie Ekonomie as vak in die eerste jaar wil neem nie, neem jy in die tweede jaar die spesiale Ekonomie-module vir sosiaal-wetenskaplikes, waarvoor Wiskunde nie 'n voorvereiste is nie. In jou eerste en tweede jaar moet jy een verdere vak kies uit Geskiedenis, Filosofie, Sosio-Informatika of taalvaardigheidskursusse (Afrikaans en Nederlands, of English Studies, of Basiese Xhosa).

Kyk ons jaarboekinskrywing vir nadere besonderhede.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 63% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%

Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook:

  • Wiskunde 50% of Wiskundige Geletterdheid 70%

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak neem, dan ook:

  • Wiskunde 60%