BA in Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studies (PPE)

   Oor die program

As jy belangstel in die filosofie, politiek, ekonomie en idees wat die politieke ekonomie beïnvloed, is hierdie net die program vir jou! Die kombinasie van politieke, filosofiese en ekonomiese studies (PPE) is lank reeds 'n gesogte studieprogram aan die unversiteite van Oxford en Cambridge. Stellenbosch was die eerste universiteit in Suid-Afrika om die program aan te bied, en is tans een van net drie universiteite in die land waar jy 'n PPE-kwalifikasie kan verwerf.

Die program ontwikkel jou vaardighede in kritiese en kreatiewe denke en rus jou toe met kennis van die filosofie en van politieke en ekonomiese stelsels. Jy leer ook meer oor sosiale navorsing, ekonomiese verskynsels en tendense, politieke en ekonomiese beleidsanalise en hoe om omstrede moreel-etiese kwessies te beoordeel.

Hierdie soort kennis en vaardighede is veral nuttig vir mense wat wil werk as bestuurders, joernaliste, sakelui, diplomate, staatsamptenare en akademici. In die privaat sektor bied die PPE-kwalifikasie 'n groot verskeidenheid werkgeleenthede.

   Programinhoud

Die program neem die vorm aan van 'n verrykte BA-graad waarin jy al drie jaar Filosofie, Politieke Wetenskap en Ekonomie as hoofvakke neem, asook bykomende vakke in jou eerste en tweede jaar.

Kyk ons jaarboekinskrywing vir die leerplan.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 63% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%
  • Wiskunde 60%