BA in Sportwetenskap

   Oor die program

Hierdie program bestudeer die 'mens in beweging' vanuit 'n fisiologiese, biomeganiese, sielkundige, filosofiese, sosiologiese en ekonomiese perspektief. Die sportwetenskapgedeelte van die program het 'n teoretiese en praktiese komponent. Die praktiese komponent gee 'n mens 'n wye bewegingservaring en ontwikkel jou afrigtingsvaardighede. Dit sluit byvoorbeeld swem, atletiek, hokkie, netbal, rugby, krieket, sokker, tennis, gimnastiek, dans en fiksheid- en rekreasie-aktiwiteite in. Die teoretiese komponent bestaan uit modules soos Biomeganika, Motoriese Leer, Sportbeserings, Sportfisiologie, Sportsielkunde, Piekprestasiesport en Aangepaste Bewegingsaktiwiteite.

Die program bied vanaf die eerste jaar vier opsies:

  • Sportwetenskap met Geografie en Omgewingstudie
  • Sportwetenskap met Sielkunde
  • Sportwetenskap met English Studies
  • Sportwetenskap met Afrikaans en Nederlands

As 'n mens hierdie graad verwerf het, kan jy jouself verder kwalifiseer as onderwyser (opsies 1 en 3) of jy kan werk as sportafrigter, kondisioneringsafrigter, fiksheidsinstrukteur, sportorganiseerder, sportnavorser of in verwante beroepe wat byvoorbeeld te doen het met programme in aangepaste bewegingsaktiwiteite. Jy kan ook nagraadse studie in Biokinetika, Sportwetenskap of Kinderkinetika oorweeg.

   Programinhoud

Kyk ons jaarboekinskrywing vir nadere besonderhede oor die leerplanne van die verskeie opsies.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%
  • Wiskunde 40% of Wiskundige Geletterdheid 70%
  • Fisiese Wetenskappe 40% of Lewenswetenskappe 50%
  • Bywoning van en deelname aan sportpraktika is verpligtend

   Keuring

  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • 60 kandidate word gekeur