BA in Drama- en Teaterstudie

   Oor die program

Die opleiding in hierdie driejarige program lewer goed ingeligte, kreatiewe en goed toegeruste teaterpraktisyns en navorsers wat 'n sinvolle bydrae in die teaterbedryf en aanverwante terreine kan maak.

   Programinhoud

In die eerste twee jaar fokus die program hoofsaaklik op drama en teater in die tradisionele sin as verhooggesentreerde uitvoerende kuns. In die derde jaar fokus die opleiding ook op die uitvoerende kunste en die vermaaklikheidsbedryf in die breër sin. Die praktiese spesialiseringterreine word ondersteun deur 'n sterk teoretiese basis, insluitend teksanalise en die beginsels van teaternavorsing.

Daar is twee spesialiseringsterreine.

Toneelspel- en performance-opleiding: Improvisasie, toneelspel vir verhoog en kamera, beweging, stem en spraak, radio, verhooggrimering en perfor?mance-skepping.

Tegniese en bestuursopleiding: Verhoog- en produksiebestuur, dekor, rekwisiete, kostuums, beligting, klank, ontwerp, verhooggrimering, en videoproduksie en -redigering.

Vir albei spesialiseringsterreine is die hoofvakke Teaterwetenskap, Teatervaardighede en Teaterkuns. Inligtingsvaardighede is 'n verpligte module.

In jou eerste jaar kies jy twee byvakke. Vir toneelspel- en performance-opleiding, kies jy twee tale uit Afrikaanse Taalverwerwing, Afrikaans en Nederlands, Duits, English Studies, Frans, Xhosa en Basiese Xhosa. Vir tegniese en bestuursopleiding kies jy een van eersgenoemde tale en een vak uit Antieke Kulture, Geskiedenis, Sielkunde en Visuele Studies. In die tweede jaar moet jy met een van jou byvakke voortgaan.

Kyk die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se jaarboek vir die leerplan.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 65% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 60%
  • Eerste Addisionele Taal 50%

   Keuring

  • 'n Beperkte aantal kandidate word gekeur
  • Keuringsvereistes en opdrag hier beskikbaar of by schalkw@sun.ac.za
  • Kandidate moet gedurende Augustus beskikbaar wees vir oudisies en/of onderhoude
  • Alle oudisies en onderhoude word by die Dramadepartement in Stellenbosch afgelê