Die Erflatingsgilde | The Heritage Guild

Oor die Erflatersgilde

Die Erflatersgilde vereer die visionêre ondersteuners van die Universiteit Stellenbosch wat die versiendheid gehad het om die US ´n instelling van uitnemendheid te maak, en te hou.

Die Erflatersgilde stel ons in staat om die ondersteuning van ons erflaterweldoeners te vier terwyl hulle nog by ons is en om ander aan te moedig om hierdie soort ondersteuning te oorweeg.

Lidmaatskap van die Erflatersgilde is oop vir enigeen wat skriftelik bevestig dat hy of sy ´n erflating wat watter aard ookal aan die Universiteit nagelaat het. Lidmaadskap plaas geen verpligting op u nie.

Gildelede is die belangrikste ondersteuners van die Universiteit en hulle sal gereeld na funksies genooi word om na interessante sprekers te luister, eendersdenkendes te ontmoet en te leer wat hulle ondersteuning moontlik sal maak.