Die Erflatingsgilde | The Heritage Guild

Funksies

Erflatersgilde amptelik bekendgestel

Nagenoeg 300 donateurs, alumni, personeel en vriende van die Universiteit Stellenbosch (US) het einde verlede jaar die amptelike bekendstelling van die Universiteit se Erflatersgilde bygewoon. Dié glansgeleentheid by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes was 'n geleentheid vir die US om die Erflatersgilde bekend te stel en ook om sy donateurs te bedank wat 'n erflating aan die Universiteit bevestig het.

Prof Russel Botman, US Rektor en spreker by die geleentheid het gesê dat die Erflatersgilde 'n vereniging is van "spesiale individue wat in hul leeftyd aan ons bevestig het dat die Universiteit 'n belangrike plek in hul nalatenskap beklee. Dit is inderdaad 'n toekomsgerigte, doelbewuste aksie wat vir die Universiteit baie beteken en waarvoor ons elke lid hartlik wil bedank vir die vertroue wat hulle in ons toekoms gestel het."

Volgens mnr Hugo Steyn, Koërdineerder: Erflatings van die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-verhoudings, was daar 'n besondere goeie opkoms - en wil hy graag 'n spesiale woord van dank rig aan, eerstens die lede van die Erflatersgilde, wat die aand bygewoon het en ook aan alumni wat die Universteit in groot getalle kom ondersteun het.

"Lidmaatskap van die Gilde is nie net 'n manier om erkenning te gee aan donateurs wat die Universiteit vereer met 'n bemaking in hul testament nie, maar ook 'n geleentheid vir die Universiteit om hierdie spesiale groep donateurs ingelig te hou oor gebeure aan die US en aan hulle eerstehands te wys hoe hul beloofde erflating 'n verskil aan iemand se lewe sal maak."

Lidmaatskap van die Gilde is oop vir enige persoon wat skriftelik bevestig dat hy of sy 'n erflating van een of ander aard aan die Universiteit nalaat.

Vir meer inligting kontak mnr Steyn by tel: 021 808 3615, e-pos: hugos@sun.ac.za.

Gala bekendstelling van die Erflatersgilde - 20 November 2009

Plek : Die Lord Charles, Somerset West
Seremoniemeester: Ruda Landman
Gaskunstenaar: Zanne Stapelberg (Standard Bank Young artist award 2008)
Geleentheidspreker: Prof Russel Botman