Verwelkoming SUKSES

Hiermee wil ek net baie dankie se aan almal wat ‘n deel gehad het in die absolute sukses van ons verwelkomingsprogram! Die eerstejaars het alles ten volle geniet en is alreeds trotse Harmonie dames!

Eerstejaars…Dankie vir julle ywer om deel te neem en alles volstoom aan te pak. Van mentorgesprekke tot skakelings, geesoefeninge tot tradisies, bergstappies, Vensters en Bondelsport…. Julle was altyd amped, al was ons soms so bietjie moeg!!

Hierdie program sou nie suksesvol wees sonder die leiding van Olivia Kroukam nie – dankie vir jou moeite met al die reelings.

Gaan kyk die video van al die lekker dinge op Youtube, “First Years Video HARMONIE”. Like ons page op Facebook en kyk na al die fotos wat nie die video gemaak het nie.