BSc in Aardwetenskap

Hierdie program bied twee strome waaruit jy een kies:

  • Toegepaste Aardwetenskap
  • Geo-omgewingswetenskap

Die twee strome maak meer loopbaangeleenthede moontlik. Daarom is die eerste jaar van albei strome dieselfde, maar verskil van die modules vanaf die tweede jaar. Kyk die strome se onderskeie leerplanne in ons Jaarboek.

   Stroom: Toegepaste Aardwetenskap

Suid-Afrika, met sy rykdom aan minerale en besonderse oeroue rotsformasies, is die ideale werksomgewing vir enige geoloog. Ons praktiese en teoretiese onderrig in vakgebiede soos onder andere mineralogie, petrologie en geo-omgewingswetenskap maak ons studente gesog in die werkplek. Die tweede en derde jaar fokus op die vak Geologie en word aangevul met gepaste keusemodules.

'n Breë vakkundige basis in verskillende rigtings berei studente voor vir uitdagende beroepe op nasionale en internasionale vlak in mynbou, eksplorasie, toegepaste mineralogie, en omgewingswetenskappe. Moontlike werkgewers sluit in die Raad vir Geowetenskappe, Mintek, die WNNR, die omvangryke Suid-Afrikaanse mynbou- en eksplorasiebedryf en 'n verskeidenheid plaaslike en internasionale geologiese en omgewingswetenskapkonsultante.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Aardwetenskappe, wat die minimum vereiste is om as 'n professionele geoloog te registreer.

   Stroom: Geo-omgewingswetenskap

Hierdie stroom is vir studente wat omgewingswetenskappe vanuit 'n natuurwetenskaplike perspektief wil bestudeer, veral in waterwetenskappe soos hidrogeologie, asook vir diegene wat byvoorbeeld as omgewingskonsultante op die gebied van die storting van gevaarlike afvalstowwe wil werk.

Hierdie stroom lei tot ’n honneursprogram in Aardwetenskappe, wat die minimum vereiste is om as ’n professionele geoloog te registreer.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%

EN

Indien jy Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 as eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 70%

OF

Indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 60%

Kyk toelating en keuring.