BSc in GeoInformatika

Toegepaste wetenskaplike beroepe soos omgewingskonsultante, beroepe in die mynbousektor en ingenieursfirmas gebruik toenemend geografiese inligtingstegnologie om ruimtelike inligting digitaal vas te lê, te manipuleer, te ontleed, te modelleer en kartografies voor te stel.

Hierdie program is gerig op die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van geoinformatika. Die tweede en derde jaar fokus op die vakke Geografiese Inligtingstegnologie en Rekenaarwetenskap of Sosio-Informatika en word aangevul met gepaste keusemodules. Só verwerf jy die kennis van en insig in die wetenskaplike grondslae van geoinformatika in terme van ruimtelike inligting, rekenaarvaardighede, geografiese inligtingstegnologie en karteringsvaardighede. Met hierdie vaardighede sal jy kan help om geografiese inligtingstelsels (GIS), aardwaarneming (afstandwaarneming) en globaleposisioneringstelsels (GPS) effektief in die onderskeie professionele rigtings en vakgebiede te ontwikkel en toe te pas.

As GIS-spesialis en inligtingkundige kan jy 'n loopbaan op die volgende terreine of by die volgende instansies volg: omgewingskonsultante; beplannings- en ingenieursfirmas; programmatuurontwikkeling- en rekenaarkonsultasiefirmas; alle vlakke van die regering gemoeid met hulpbron- en infrastruktuurbestuur; agentskappe betrokke by natuurlikehulpbronontwikkeling en by menslike-ontwikkelingsprogramme; eksplorasie van minerale en mynwese; bemarking; nutsmaatskappye en diensverskaffers. Jy kan ook by tersiêre opleidingsinstansies as dosent en/of navorser werk.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer nadat jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke so kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied: Natuurwetenskappe, Wiskundige Geletterdheid en Inligtingstegnologie.

Die BSc in GeoInformatika lei tot 'n honneursprogram in GeoInformatika, waarmee jy as 'n geografiese inligtingswetenskapspraktisyn in opleiding sal kan registreer. Met die volg van toepaslike keusemodules, lei dit ook tot 'n honneursprogram in Rekenaarwetenskap of 'n HonsBCom in Informasietelselbestuur in die Fakulteit Ekonomiese Bestuurswetenskappe.

Kyk BSc in GeInformatika se leerplan in ons Jaarboek.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%

EN

Indien jy Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 as eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 70%

OF

Indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as  eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 60%

Kyk toelating en keuring.