BSc in Chemie

Hierdie program bied drie strome waarvan jy een kies:

  • Chemie en Polimeerwetenskap
  • Chemiese Biologie of
  • Materiaaltegnologie

Die drie strome se eerste studiejaar stem grootliks ooreen, maar Biologie is 'n verpligte eerstejaarsvak vir die stroom Chemiese Biologie.

Kyk die leerplan vir die onderskeie strome van BSc in Chemie in ons Jaarboek.

   Stroom: Chemie en Polimeerwetenskap

Die doel van die stroom in Chemie en Polimeerwetenskap is om chemici en analitiese chemici op te lei met 'n breë chemie-gebaseerde tegniese agtergrond vir 'n groot verskeidenheid van beroepe waarin chemie betrokke is. Dit is verder gerig op die verwerwing van 'n diepgaande kennis van polimere as die basis van 'n verskeidenheid materiale en van gevorderde sintetiese en analitiese tegnieke vir polimere.

Met die uitsondering van die keusemodules word die tweede en derde jaar byna uitsluitlik aan opleiding in Chemie gewy. Klem word gelê op die aanwending van chemie in die verwerking van grondstowwe in die mynbou, in die aanwending daarvan in mineraalveredeling, metaalekstraksie, in die petrochemiese, bou-, verf-, polimeer-, springstof-, landbou-, tekstiel- en farmaseutiese nywerheid, asook in die vervaardiging van papier, huishoudelike en kosmetiese middels. Daar word veral aandag gegee aan die monitering van besoedeling en metodes om besoedeling te verhoed en te bestry. Kyk die stroom Chemie en Polimeerwetenskap se leerplan in ons Jaarboek.

Analitiese chemici word aangestel vir proseskontrole in 'n chemiese aanleg, die ontwikkeling van nuwe analitiese metodes, die ontwikkeling van produksieprosesse, die beplanning van 'n nuwe aanleg, die bedryf van 'n chemiese aanleg, die onderwys, die bemarking van onder andere chemikalieë, wetenskaplike instrumente en komponente vir 'n chemiese aanleg. Hulle word ook aangestel as omgewingswetenskaplikes. Hierdie stroom bied ook vir jou die basis vir verdere studie in die patent- en omgewingsreg.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Chemie, Mikrobiologie of Polimeerwetenskap. Met die volg van toepaslike keusemodules kan dit ook lei tot 'n honneursprogram in Fisika, Aardwetenskappe, Rekenaarwetenskap, Wiskunde of Toegepaste Wiskunde.

   Stroom: Chemiese Biologie

Die doel van die stroom in Chemiese Biologie is om wetenskaplikes voor te berei vir 'n loopbaan in sektore van die chemiese nywerheid wat hoofsaaklik te doen het met die meer organiese en biochemiese aspekte van chemie. Die stroom sal jou ook voorberei vir nagraadse opleiding en 'n navorsingsloopbaan in Organiese Chemie en/of in Biochemie.

Die fokus in die tweede en derde jaar is op Chemie en Biochemie. Talle groot en klein maatskappye se voortbestaan hang af van chemici wat prosesse en die kwaliteit van grondstowwe en vervaardigde produkte moet beheer. Staatslaboratoriums soos die forensiese laboratoriums in Kaapstad en Pretoria, Sasol en vervaardigers van plaagdoders asook farmaseutiese en kosmetiese produkte, bied beroepsmoontlikhede vir chemici met opleiding in Organiese Chemie en Biochemie. Kyk die stroom Chemiese Biologie se leerplan in ons Jaarboek.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Chemie of Biochemie.

   Stroom: Materiaaltegnologie

Die ontwikkeling en gebruik van funksionele en intelligente materiale is ’n snelgroeiende veld en bied opwindende loopbane vir jong wetenskaplikes. Hierdie beroepsgerigte stroom fokus op die vervaardiging en die aanwending van polimeriese materiale.

In die tweede jaar word keusemodules gekombineer met Chemie en Tekstielwetenskap, terwyl die derde jaar uitsluitlik aan opleiding in Chemie, Polimeerwetenskap en Materiaaltegnologie gewy word. Die deeglike wetenskaplike kennis in Chemie en Polimeerwetenskap word gekombineer met die meer toegepaste aspekte van Materiaaltegnologie. Die volgende onderwerpe word onder andere bestudeer:

  • die industriële produksie van materiale;
  • vervaardigingsmetodes van funksionele materiale; en
  • hoe funksionele materiale gebruik word in die veld van tekstiele, bedekkings, biomateriale, voedselverpakking, versterkte materiale, biomediese produkte en nanotegnologie.Boonop ontwikkel jy jou kreatiewe, analitiese en probleemoplossingsvaardighede.

Met hierdie kwalifikasie kan jy in die breë  materiaalgebaseerde industrie werk as ’n produkontwikkelaar, tegniese verkoopsbestuurder, produksiebestuurder of kwaliteitsbestuurder. Kyk die stroom Materiaaltegnologie se leerplan in ons Jaarboek.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Chemie of Polimeerwetenskap.

   Al drie strome kan tot onderwys as beroep lei

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer nadat jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke só kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van die stroom wat jy kies en jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied:

  • Fisiese Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe
  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Geografie
  • Inligtingstegnologie.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%
  • Wiskunde 70%

Kyk toelating en keuring.