BSc in Fisika

Hierdie program lewer afgeronde fisiese natuurwetenskaplikes met die nodige tegniese en gerigte wetenskaplike vaardighede om fisikaverwante probleme in die industrie of op navorsings- en ontwikkelingsvlak aan te pak, te fokus op die onderwys en tersiêre onderrig van wetenskap en tegnologie, of verdere nagraadse studie en intensiewe navorsing voort te sit.

   Programinhoud

Die program bied drie strome waaruit jy een kies:

  • Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika
  • Laserfisika (Biologiese)
  • Teoretiese Fisika

Kyk die leerplan vir die onderskeie strome van BSc in Fisika in ons Jaarboek.

Strome: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika

Die tweede en derde jaar fokus op die vakke Fisika en Wiskunde/Toegepaste Wiskunde en word aangevul met gepaste keusemodules. Eksperiomentele fisici word benodig in die industrie en in navorsings- en ontwikkleingsomgewings. As 'n laserfisikus is jy toegerus om deel te kan wees van verskeie metrologiese toepassings waar lig en die interaksie tussen lig en materie gebruik word. Dit varieer van die afstandswaarneming van spoorgas, tot diagnostiese tegnieke in geneeskunde, en kwalitatiewe analise en kommunikasie. Instellings soos die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR), die Nasionale Instituut vir Metrologie (NMISA), Sasol, die verdedigingsindustrie en die mynbousektor benodig hierdie vaardighede. As 'n stralingsfisikus kan jy as 'n hospitaalfisikus of 'n stralingsbeheerbeampte werk by organisasies waar stralingsgevare gemonitor word, byvoorbeeld by die Departement van Gesondheid, kernkragsentrales en myne.

As 'n kernfisikus kan jy werk in omgewings waar tegnieke in kernfisika toegepas word. Sulke werksomgewings sluit byvoorbeeld industrieë en instellings soos Sasol, Eskom, die Suid-Afrikaanse Kernkragkoöperasie (NECSA), die Nasionale Kernkragreguleerder (NKR), die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS), en die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) in. Hierdie stroom poog om studente voor te berei vir nagraadse studies en beroepe waar lasers en optika gebruik word, en waar die toepassing van kern- en stalingsfisika van belang is.

Afhangend van jou voorgraadse vakkombinasie en keusemodules, lei hierdie stroom tot 'n honneursprogram in Fisika (insluitend Teoretiese Fisika), Chemie, Toegepaste Wiskunde, Fisiese en Wiskundige Analise, Wiskunde (insluitend Abstrakte Wiskunde) of Rekenaarwetenskap.

Stroom: Laserfisika (Biologiese)

Die tweede en derde jaar fokus op die vakke Fisika en Biochemie/Chemie en word aangevul met gepaste keusemodules. Weens die vinnige uitbreiding van die gebruik van lasers in die mediese en biologiese velde, is daar wêreldwyd 'n aanvraag na opgeleide fisici met spesialiskennis oor optika, lasers en lasertoepassings op die gebied van biologie en geneeskunde.

Lasers word innoverend oor 'n breë spektrum tot voordeel van die mens aangewend. Op mediese gebied word lasers gebruik om visie te korrigeer, oogtoestande wat tot blindheid kan lei te genees, veltoestande te behandel en chirurgie te doen. Mikroskopiese tegnieke wat met behulp van lasers uitgevoer word, is algemene praktyk in geneeskunde. Nuwe materiale en medisyne wat deur laserlig geaktiveer word, word ook ontwikkel.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Fisika, of met toepaslike keusevakke ook tot 'n honneursprogram in Biochemie.

Stroom: Teoretiese Fisika

Die tweede en derde jaar fokus op die vakke Fisika en Wiskunde/Toegepaste Wiskunde. Hierdie stroom berei jou intensief voor vir die navorsingsterrein van komplekse sisteme en vir die toepassing van die kwantumveldeteorie, byvoorbeeld in die fisika van biologiese stelsels, gekondenseerde materiefisika en deeltjiefisika. Nagraadse studie sal jou voorberei vir 'n loopbaan as 'n professionele, teoretiese fisikus.

Aangesien hierdie stroom komponente van Statistiese Fisika insluit, staan dit in noue verband met 'n aantal ander vakgebiede en het dit verskeie raakvlakke met die breë veld van informasietegnologie. Van die tegnieke wat bestudeer word, word reeds toegepas in die biologiese en ekonomiese wetenskappe, en in geologie. Aangesien die kurrikulum fisies-wiskundig van aard en rekenaarintensief is, kan jy uitsien na beroepsmoontlikhede in die privaat sektor waar daar steeds 'n groeiende vraag is na die probleemoplossingsvaardighede waaraan hierdie stroom baie aandag gee.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Teoretiese Fisika en, met die volg van toepaslike keusemodules, ook tot 'n honneursprogram in Fisika of in Fisiese en Wiskundige Analise.

   Al drie strome kan tot onderwys as beroep lei

Indien jy jou as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer nadat jy ’n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke so kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied:

  • Fisiese Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe
  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%
  • Wiskunde 70%

Kyk toelating en keuring.