BSc in Biodiversiteit en Ekologie

Hierdie BSc-graadprogram verskaf 'n breë opleiding in Plant- en Dierkunde. Dit fokus op die diversiteit, oorsprong en funksie van organismes in verhouding tot hul omgewing. Dit bied 'n konseptuele oorsig oor ekologie, evolusie, dier- en plantvorme en funksies, biologiese veranderinge op 'n globale skaal (klimaatsverandering, indringerspesies, besoedeling en antropogeniese faktore) en herstelmeganismes (toepassings). Beide terrestriële en mariene konsepte word gedek. Die program verskaf ook toepaslike generiese en wetenskaplike vaardighede, onder meer in gesproke en geskrewe kommunikasie, numeriese en statistiese tegnieke, navorsingsmetodologie, probleemoplossing, die evaluasie en sintetisering van wetenskaplike inligting, asook rekenaarvaardighede.

Die program lei tot 'n honneursprogram in Biodiversiteit en Ekologie, wat dan lei tot 'n magisterprogram in Plant- of Dierkunde. Die program lei ook tot 'n honneursprogram in Toegepaste Plantfisiologie (in die Fakulteit AgriWetenskappe). Kyk BSc in Biodiversiteit en Ekologie se leerplan in ons Jaarboek.

Met hierdie opleiding kan studente 'n groot verskeidenheid van loopbane oorweeg, onder meer as bewaringswetenskaplike, omgewingskonsultant, omgewingsimpakkundige, plantspesialis, bioloog of ekoloog in die privaat of openbare sektor of in die akademiese omgewing.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer na jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke só kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied: Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe en Wiskundige Geletterdheid.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van minstens 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%

Die Wiskundevereiste hang af van jou vakkeuse op universiteit.

Indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as eerstejaarsvakke neem:

  • Wiskunde 60%

Indien jy Wiskunde en Fisika as eerstejaarsvakke neem:

  • Wiskunde 70%

Kyk toelating en keuring.