BSc in Sportwetenskap

Die fokus van hierdie program is 'die mens in beweging'. Dit word bestudeer vanuit 'n fisiologiese, biomeganiese, sielkundige, motoriese, filosofiese, sosiologiese en ekonomiese perspektief.

Die inhoud van die program sluit die volgende in: toegepaste anatomie, toegepaste biomeganika, motoriese leer, sportsielkunde, sportetiek, sportbeserings, programontwikkeling, aangepaste bewegingsprogramme, en die fiksheidsbedryf. Hierbenewens volg jy ook, onder andere, Biochemie en Fisiologie.

Hierdie graadprogram lei tot honneursprogramme in Biokinetika, Sportwetenskap of Fisiologiese Wetenskappe. Kyk die BSc in Sportwetenskap se leerplan in ons Jaarboek.

Die program rus jou toe met die kennis en vaardighede om op bewegingsverwante terreine te kan werk soos liggaamlike opvoeding in die onderwys, sportafrigting, sporttegnologie, sportbestuur, sportfisiologie, die fiksheidindustrie, biokinetika en sportnavorsing, en om persone met gestremdhede te help.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer nadat jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke só kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied: Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe en Wiskundige Geletterdheid.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%
  • Wiskunde 60%

Kyk toelating en keuring.