BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie

Hierdie BSc-graadprogram vorm die basis vir 'n loopbaan as molekulêre selbioloog en biotegnoloog in die privaat, openbare of akademiese sektor.

Mikrobioloë, biochemici, genetici en biotegnoloë is soos speurders wat ontrafel presies hoe mikroskopiese klein selle, soos menslike selle of giste, bakterieë, fungi en virusse werk en hoe dit van toepassing is op die mens, die diere- en die planteryk. Hulle gebruik dan hierdie kennis om siektevrye gewasse, nuwe medisynes of toetse vir siektes te ontwikkel, of te bepaal watter ensieme of bakterieë nuttig in industrieë soos die mynbousektor gebruik kan word, of in die ontwikkeling van biobrandstof. Hulle kennis word ook aangewend in afvalwaterbestuur en die watersuiweringsektor.

Die program gee jou 'n breë, vakkundige agtergrond om die werking van enige lewende organisme op molekulêre vlak te verstaan. Saam met hierdie teoretiese opleiding doen jy baie laboratoriumwerk, wat jou eksperimentele en gerigte wetenskaplike vaardighede ontwikkel.

Afhangend van jou voorgraadse vakkombinasie, kan hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Biochemie, Genetika, Plantbiotegnologie of Mikrobiologie. Kyk BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie se leerplan in ons Jaarboek.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer na jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke so kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied: Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe en Wiskundige Geletterdheid.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%

EN

Indien jy Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 as eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 70%

OF

Indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 60%

Kyk toelating en keuring.