Program

Die nuutste konsepprogram is beskikbaar hier.

Die asbstrakteboek is beskikbaar hier.

Die PRONTAK-plakkate is beskikbaar hier.


Die konferensie bestaan uit drie dae, met dag een gewy aan werkswinkels en die volgende twee dae aan aanbiedinge. Dui jou belangstelling op die registrasievorm aan.

Sien hieronder die lys van voorkonferensie werkswinkels wat op Maandag 30 Oktober 2023 sal plaasvind. Op die registrasievorm kan jy aandui watter een jy wil bywoon.

Registrasie sluit om 17:00 op 17 Oktober 2023. Jy kan jou registrasievorm aanpas tot en met daardie tyd:

  • Klik op die registrasieskakel en jy sal ‘n knoppie gemerk Save and edit later sien. Deur hierdie knoppie te klik, sal jy terugneem word na die Vorms-portaal, en jy sal die SoTL-registrasievorm sien wat onder Filled forms aangedui word.
  • Maak die vorm oop wat jy wil wysig en klik Edit responses regs bo.
  • Verander die antwoorde wat jy vir enige vrae verskaf het en dien die vorm weer in. Jy kan ook aandui of jy bevestigende e-pos van wil ontvang.

Voldag

Werkswinkel 1:
Bou akademiese integriteit in OLA in die era van KI

Oggend (9:00 – 12:30)

Werkswinkel 2:
Skep ‘n onderrigportefeulje

Middag (13:00 – 16:30)

Werkswinkel 4:
Hoe meertaligheid gemeenskappe bou: ʼn Blik op akademiese ruimtes

Die werksessie handel oor die (her)posisionering van onderrig-leer-assessering (OLA) in die era van kunsmatige intelligensie (KI) deur die konsep van KI-geletterdhede. Die uitgangspunt is eenvoudig: Verandering in die digitale wêreld is vinnig en voortdurend, en beïnvloed die hoër onderwys. Daarom is dit dalk tyd om nuut te dink oor ons verantwoordelikheid teenoor studente en die wyer samelewing, en hoe om ons OLA-benadering dienooreenkomstig aan te pas. Vir dié doel verken die werksessie die konsep van KI-geletterdhede in OLA-verband. Ons bespreek ook akademiese integriteit en die waardes wat oorweeg moet word wanneer ons KI-instrumente by ons OLA insluit.

Wie is die teikengehoor?
US-personeellede wat met OLA gemoeid is, d.w.s. akademici, gemengdeleerkoördineerders, ensovoorts, wat belang stel in gesprekke oor KI-geletterdhede, die verantwoordelike gebruik van generatiewe AI, en hoe ons studente vir ’n KI-gesteunde wêreld kan toerus.

Die werksessie sal akademici toerus om a) krities oor hulle onderrig-leer-assessering (OLA) te besin, en b) reflektiewe en refleksiewe denke en skryfwerk te gebruik om ’n onderrigportefeulje saam te stel. Hoewel dit ook vir bevordering- of toekenningsdoeleindes gebruik kan word, is ’n onderrigportefeulje hoofsaaklik ’n oordenkingshulpmiddel waarmee akademici hulle OLA kan dokumenteer en kan tred hou met hulle groei as professionele opvoeders. Dit stel akademici in staat om gebiede vir OLA-vernuwing én vir verdere groei in hulle professionele leer te identifiseer. Onderrigportefeuljes vervul dus ’n transformerende rol. Belangrike elemente wat ’n onderrigportefeulje moet weerspieël, is besinning oor die akademikus se betrokkenheid by die gemeenskap waarin die universiteit geleë is, ’n bewustheid van die akademikus en studente se OLA-konteks én die impak daarvan, en ’n begrip van studente se behoeftes en hoe die akademikus daarin voorsien. Akademici moet toon hoe hulle OLA-praktyke ook vérder as die klaskamer strek en hulle studente vir sowel die werkplek as hulle toekomstige rolle as verantwoordelike burgers voorberei.

Wie is die teikengehoor?
Akademici in onderrigposte

Die doel van die werkwinkel is om saam maniere te vind om taalverwante klaskamer-gebaseerde scenario’s holisties te bestuur, met ʼn fokus op waardes, gelei deur ʼn meertalige ingesteldheid. Hierdie werkwinkel sal baie ooreenstem met die 2023 Taaldag-werksessie. Ons volg ʼn samewerkende, nievoorskriftelike benadering en skep daardeur ʼn ruimte vir jou om te deel wat jy reeds in die klaskamer doen wat meertaligheid betref en om nuwe idees van kollegas in soortgelyke kontekste te kry.

Wie is die teikengehoor?

Onderrigpersoneel.