Abstrakte

ALGEMENE AGTERGROND INLIGTING

Die 2023 US AvOL hibriede konferensie bied aan personeel die geleentheid om te reflekteer en hul innoverende leer-, onderrig- en assesseringspraktyke te deel. Personeellede van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte/bydraes in te dien oor die aspekte van onderrig en leer in hoër onderwys, d.i. voorgraadse en nagraadse onderrig, asook voortgesette professionele ontwikkeling.

Jy wil dalk jou ervaring kom deel oor ’n nuwe of innoverende aspek wat jy in jou onderrig- of assesseringspraktyk probeer het. Het dit gewerk of nie? Miskien het jy ’n grootskaalse behoeftebepaling gedoen wat verwant is aan jou onderrig of jy het op iets interessants afgekom tydens die ontleding van die resultate van jou studente se assesserings. Het jy in samewerking met ander kollegas in jou departement, fakulteit, of selfs oor dissiplinêre grense heen ’n onderrigverwante aspek ondersoek? Het jy navorsing gedoen oor jou onderrig of assessering? Of dalk het jy nuwe idees wat jy graag wil deel en bespreek.

Kom deel jou passie, jou nuus en jou resultate met ons in ’n aanbieding of as ’n plakkaat sodat ons almal saam kan leer om onderrig aan die US so goed moontlik te maak!

Sien besonderhede hieronder.


1. Hoe om ‘n abstrak/bydrae in te dien

Elkeen wat ‘n aanbieding of ‘n plakkaat wil kom deel moet ‘n asbtrak indien.

  1. Gaan na die indieningsblad: Oxford Abstracts
  2. Indien jy nog nooit hierdie webblad gebruik het nie, klik op Create an account.
  3. BELANGRIK: Klik op die Continue with email opsie en teken in met jou US e-posadres.
  4. Voltooi al die velde in die indieningsvorm en klik op Submit. Jy sal ‘n e-pos ontvang om jou indiening te bevestig.
  5. Jy sal tot en met 6 September 2023 jou indiening kan redigeer deur terug te keer na die bogenoemde webblad.

2. Kriteria vir die abstrakte/bydraes

Navorsing
Is daar enige O-L-A onderwerp wat jy tans navors, of onlangs nagevors het? Wil jy graag jou navorsingspraktyke, voorlopige bevindinge of gevolgtrekkings/resultate met ander deel? Indien wel, oorweeg ‘n navorsingsbydrae.
Kriteria
Innovering
Het jy O-L-A benaderings probeer wat jy met ander kan deel? Dit kan enige idee, hulpmiddel of metode wat jy toegepas het, insluit. Hoe het dit verloop en hoe kan ander uit jou ervaring leer? Indien wel, oorweeg ‘n innoveringsbydrae.
Kriteria
Refleksie
Is daar ‘n O-L-A onderwerp waarmee jy tans besig is en graah wil bespreek? Dit kan ‘n breë tema of ‘n voorgestelde studie aangaande ‘n spesifieke vraagstuk, met ‘n basiese teoretiese verkenning van die verskynsel, insluit. Indien wel, oorweeg ‘n refleksiebydrae.
Kriteria
  • Agtergrond, beweegrede, doelwit
  • Navorsingsvraag of -vrae
  • Teoretiese raamwerk met een of twee aanvanklike verwysings
  • Metodes
  • Resultate, gevolgtrekkings , en/of die implikasie van bevindings
  • Die oorspronklikheid of die belang van die navorsing
  • Agtergrond, konteks, doelwit
  • Fokus van die aanbieding
  • Beskrywing van die werk wat gedoen is
  • Verbande met soortgelyke werk
  • Wat kan ander uit jou benadering leer?
  • Gevolgtrekkings
  • Agtergrond, konteks, doelwit
  • Verwys na ‘n toegepasde refleksie raamwerk (sien aanbevole leesmateriaal)
  • Beskrywing van die werk wat gedoen is
  • Hoe sal dit jou onderrigpraktyke in die toekoms beïnvloed en wat kan ander uit jou ondervinding leer?

3. Algemene kriteria

  • Die titel van die aanbieding moet nie langer as 10 woorde wees nie.
  • Die abstrak self moet tussen 200 en 250 woorde wees.
  • Die abstrak moet reeds taalversorg wees wanneer dit ingedien word.
  • Die abstrak moet inteksverwysings (outeur en datum) bevat, maar ʼn bronnelys is nie nodig nie.
  • Die abstrak behoort vir ‘n wye spektrum lesers verstaanbaar te wees.
  • Die abstrak moet voor of op 1 September 2023 ingedien word.
  • Hierdie dokument bevat inligting oor hoe die AvOL pryswenners bepaal word plus die kriteria wat deur die beoordelaars gebruik word
  • Let asseblief daarop dat die hoofnavorser daarvoor verantwoordelik is om die nodige (1) etiekgoedkeuring en/of (2) institusionele toestemming te bekom, en te sorg dat daar aan (3) die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPIA) voldoen word. Kliek hier vir meer inligting.

4. Fokus Strome

Waarop kan jy fokus? Hier is ‘n paar idees.