Welkom by die 2023 Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie Webwerf!


Die Universiteit Stellenbosch Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking kondig graag die 16de aanbieding van die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)-konferensie aan. Dit sal plaasvind vanaf 30 Oktober tot 1 November 2023.

Hierdie jaar is die konferensie in lewende lywe en sal dit by die Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS) plaasvind.

Die doel van hierdie konferensie is om ‘n ruimte te skep waar akademici bymekaar kan kom om onderrig, leer en assessering (O-L-A) by die instelling te deel en te vier. Dit bied ‘n platform waar akademici:

  • Goeie praktyke, navorsingsbevindinge en innoverende idees oor O-L-A kan uitruil;
  • O-L-A-metodes, -tendense en -doelwitte in die huidige konteks kan oordink en bespreek; en
  • O-L-A-prestasies kan vier.

Dié jaar se tema is Akademiese Hernuwing vir Transformerende Onderrig-Leer-Assessering in Diens van die Samelewing. Die hoofrede sal deur Emeritus Professor Chrissie Boughey gelewer word.

Ons as die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking besef dat kritiese akademiese vernuwing verg dat ons studente in staat sal stel om “die soorte kennis en maniere van kennis dra wat die akademie onderlê” (Boughey 2023; eie vertaling) te verstaan en toe te pas – in wese, om epistemologiese toegang te verleen (Morrow 1993). Ons beskou dit as ’n kritiese en kernmandaat van ’n hoëronderwysinstelling wat daarna streef om kennis te bevorder wat in diens van die samelewing is.

Die interne konferensie is gratis is en bywoning is uitsluitlik  vir Universiteit Stellenbosch personeel. Alle konferensieopdaterings sal gereeld op hierdie platform gelaai word en deur die US-webwerfkennisgewings en nuusbriewe gedeel word.


Registrasies oopAbstrakte verskuldigRegistrasies sluit
22 Junie 20236 September 202317 Oktober 2023 17:00
Vir meer inligting, klik hierVir meer inligting, klik hierVir meer inligting, klik hier

Vir verdere inligting, stuur gerus ‘n e-pos aan Magriet de Villiers by sotl@sun.ac.za.