BSc in Menslike Lewenswetenskappe

Hierdie BSc-graadprogram vorm die basis van jou opleiding in 'n rigting met fisiologie as fokus en die klem op liggaamsfunksionering op verskillende vlakke. Die program bied twee strome waaruit jy een kies:

  • Biologie
  • Biologie met Sielkunde

Kyk die leerplan vir die onderskeie strome in ons Jaarboek.

   Stroom: Biologie

Fisiologie in kombinasie met Biochemie en Genetika, waar jy leer van fisiologiese sisteme en organe tot op molekulêre vlak, vorm die breë vakkundige basis van hierdie stroom. Jy ontwikkel eksperimentele en gerigte wetenskaplike vaardighede wat lei tot loopbaanmoontlikhede in eksperimentele en toegepaste fisiologiese dienste binne die privaat en openbare sektore of akademiese omgewing. Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Fisiologiese Wetenskappe en, met die volg van toepaslike keusemodules, ook tot honneursprogramme in Biochemie, in Genetika of in Anatomie.

   Stroom: Biologie met Sielkunde

In hierdie stroom, wat gebaseer is op Fisiologie in kombinasie met Sielkunde, bestudeer jy die interaksie tussen die mens se psigiese en fisiologiese prosesse. Jy leer ook vaardighede aan in laboratorium- en eksperimentele tegnieke, toetsing van fisiologiese parameters en evaluering van sielkundige funksionering. Die opleiding bied loopbaanmoontlikhede in die privaat of openbare sektore, of akademiese omgewing. Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Sielkunde.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer nadat jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke so kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied: Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe, Wiskundige Geletterdheid en Lewensoriëntering.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%

EN

Vir die stroom Biologie:

Indien jy Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 as eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 70%

Indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as eerstejaarsuniversiteitsvakke neem:

  • Wiskunde 60%

OF

Vir die stroom Biologie met Sielkunde:

  • Wiskunde 60%

Kyk toelating en keuring.