Krygskunde

Die Fakulteit Krygskunde op Saldanha bied sertifikaat-, baccalaureus- en nagraadse programme toegespits op nasionale sekerheid en verdedigingsaangeleenthede aan vir gekeurde offisiere van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en ander weermagte.

Die onderrigprogramme is saamgestel om die spesifieke belange van die SANW te dien en so relevant moontlik tot die behoeftes van weermagoffisiere te wees, insluitend om aspekte van diplomasie en ontwikkeling te kan hanteer. Spesialisering in verskeie vakdissiplines, na gelang van die student se voorkeur, is wel moontlik, maar met inagneming van sy/haar weermagsdeel en/of afdeling se behoeftes. Die minimum tydsduur vir die baccalaureusprogramme is drie jaar.

Die Fakulteit het 'n PhD-program tot sy arsenaal studieprogramme toegevoeg. Die PhD en Magister in Krygskunde word vir lede van die SANW asook nielede in die privaat sektor aangebied.

Algemene toelatingsvereistes


   Navrae

Die Dekaan, Saldanha

Tel: 022 702 3019

Die Fakulteitsadministrateur, Saldanha

Tel: 022 702 3085

Kliëntedienssentrum, Stellenbosch

Tel: 021 808 9111

E-pos

Fakulteit Krygskunde webwerf