BA in Musiek

   Oor die program

Die BA-program in Musiek bied akademiese en uitvoerende musiekopleiding wat praktiese onderrig in klavier en in alle moderne orkesinstrumente behels, asook in sang, orrel, blokfluit, klavesimbel, kitaar en koordirigering. Daar is ruim geleentheid vir groepmusiek-beoefening, byvoorbeeld in die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes, die Collegium Musicum, die Stellenbosch Simfoniese Blasers, Konsubrass, kore en talle kleiner ensembles.

   Programinhoud

Die leerplan strek oor drie jaar. Benewens musiekvakke kies 'n mens twee ander vakke (waarvan een 'n hoofvak tot die derde jaar is) uit Afrikaans en Nederlands, Duits, English Studies, Applied English Language Studies, Frans, Sielkunde, Wiskunde en Xhosa.

Met die kwalifikasie BA in Musiek kan jy 'n privaat musiekonderwyser, uitvoerende kunstenaar, begeleier of koordirigent word. Verdere studie kan jou toegang gee tot musiekverwante beroepe soos musiekjoernalis (BPhil in Joernalistiek), musiekterapeut (Sielkunde) of hoërskoolonderwyser (Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde). Nagraadse studie in jou gekose hoofvak ontsluit ook ander beroepsmoontlikhede.

Kyk ons jaarboekinskrywing vir nadere besonderhede.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%
  • In die hoofinstrument (of sang) minstens 'n praktiese standaard in klassieke musiek gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige van die musiekeksamineringsliggame se Graad V-eksamen

Indien jy Wiskunde as universiteitsvak wil neem, ook:

  • Wiskunde 70%

   Keuring

  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Keuring op grond van 'n oudisie en teoretiese toets by die Departement Musiek in die jaar voor studie, waartydens kandidate bewys van die bogenoemde standaarde in klassieke musiek moet lewer. Wanneer ons jou aansoek ontvang, stuur ons vir jou inligting oor die oudisie en teoretiese toets
  • Inligting beskikbaar by auditions@sun.ac.za